E-tol hersien as bron van finansiering

E-toll logoDie Gautengse regering gaan glo e-tol hersien as ʼn bron van finansiering om hoofweë in die provinsie te bou, berig die Sunday Independent.

Ismael Vadi, LUR vir vervoer in Gauteng, het aan die koerant gesê dat daar samesprekinge tussen die ANC in Gauteng en die regering was en dat daar steeds ontevredenheid oor die finansieringsmodel is.

Vadi sê dat e-tol steeds ʼn geldige opsie is en dat die regering dit nie heeltemal sal verwyder nie aangesien dit as ‘n belangrike bydrae tot  infrastruktuur beskou word.

Hy het egter ook gesê dat daar nie ʼn hersienning van fase een van die projek sal wees nie, maar dat die regering wel vir ander fases van die projek “ontevredenheid met die finansieringsmodel bespreek”.

Die Gauteng Freeway Improvement Project (GFIP) bestaan uit verskillende fases om hoofweë te verbeter. E-tol is gedurende fase gevestig een as ʼn manier om die projek te finansier.

Howard Dembovsky, voorsitter van die Justice Project SA, het in ʼn verklaring gereageer op die artikel. “Indien e-tol verwyder word as ʼn manier om verbetering van paaie in ander fases van die Gauteng Freeway Improvement Project te finansier, hoekom is Sanral en die regering so hardnekkig om dit vir fase een te behou?” het Dembovsky gesê.

Volgens hom is Vadi se kommentaar ʼn bewys van die “irrasionele manier van dink” wat aangeneem word.

“Hulle erken nou dat hulle nie net vir die publiek gejok het nie, maar dat hulle geen aandag gegee het aan die alternatiewe finansieringsmodelle wat aan hulle voorgelê is nie,” sê Dembovsky.

–         Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.