E-tol het geen toekoms in Gauteng nie, sê David Makhura

Protesgangers op ‘n brug oor die N1 in Pretoria (2 November 2018). Foto: Maroela Media

Die omstrede e-tol op Gauteng se snelweë het geen toekoms solank as wat die ANC in beheer bly nie, het Gauteng-premier en provinsiale ANC-voorsitter David Makhura Vrydag gesê.

“E-tol het geen toekoms in die planne van die provinsie solank as wat die ANC in beheer is nie. E-tol sal slegs ʼn toekoms hê as die ANC nie in beheer is nie,” het Makhura gesê. Hy het duisende ANC-lede, saam met die vakbondfederasie Cosatu, die SAKP, burgerorganisasies soos Outa en lede van die publiek in ʼn optog gelei na die Uniegebou en versoek dat e-tol geskrap moet word.

Volgens hom is die meeste persone wat verby die e-tolhekke ry die werkersklas en die middelklas van Suid-Afrika.

Die groot skare het ook betoog teen hoë datakoste en verhoogde BTW op basiese voedselitems.

“E-tol is ʼn kans gegun, maar dit was onsuksesvol. Dit was heeltemal onsuksesvol. Ons kan nie skuld hanteer en hoop die geld sal uit e-tol kom nie. Ons is nie onverantwoordelik nie, ons wil hê die skuld moet betaal word, en ons weet daar is skuld. Kom ons kyk eerder na alternatiewe maniere van finansiering om die skuld uiteindelik af te betaal.”

Hy het gesê data het ook ʼn impak op die ekonomie. “Dit het nie net ʼn impak op jongmense nie. Ons ekonomie kan nie groei nie, want die koste van data is te hoog. Data verhoog die koste om sake te doen en dit verhoog lewenskoste.”

Minister Jeff Radebe het die betogers se memorandum namens pres. Cyril Ramaphosa in ontvangs geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Uhmmm….so nou betoog die ANC TEEN die ANC se ondeurdagte e-tol stelsel….wat beoog was om die paaie te verbeter, maar nie vir homself kan betaal nie want 90% van die geld wat deur e-tol gegenereer word, word oorbetaal aan ‘n buitelandse maatskappy wat die stelsel verskaf het? Die beste manier om UIT skuld te kom, is om in die eerste plek NIE skuld aan te gaan nie??? Hoe lank gaan julle vat om hierdie konsep reg te kry?

Phillip Groen ·

Dit moet seker een van die mees lagwekkendse optogte wees wat nog ooit gehou was in die geskiedenis. Wat dit egter betreuenswaardig maak is die feit dat die e-tol “mislukking” ‘n enorme ekonomiese las op die gewone burgery afgedwing het.

Die ANC was in beheer toe die mislukking uitgedink en afgedwing was, nou wil hulle protesteer asof hulle die onskuldige slagoffers is.

As mens dieper na die hele aangeleentheid kyk kom die algemene insig, en ingesteldheid, van die ANC en sy kiesers duidelik na vore. Die ANC (en sy kiesers) begryp duidelik nie “cause and effect” nie. In veral die kiesers se gedagtes is IEMAND ANDERS as die ANC verantwoordelik vir die bestuur van die land blykbaar.

Dit is so duidelik soos daglig dat die ANC se kiesers eenvoudig polities onkundig is, dit wil voorkom asof hulle vas glo dat daar iemand anders is wat verantwoordelik gehou moet word vir die ANC se besluite dan die ANC self. Dalk ‘n tipe “derde mag regering” of so iets.

Die skrikwekkendste van dit alles is die besef dat die ANC kiesers nie net totaal en al polities onkundig en onvolwasse is nie, MAAR deur hul meerdeheidsstem word die land bestuur.

Mens sal moeilik ‘n beter voorbeeld kan kry van hoekom Demokrasie as ‘n politieke stelsel gedoem is tot misluking. Ons het nou by die punt gekom waar J.S. Mill (“On Liberty” gepubliseer in 1859) se “tirannie van die meerderheid in ‘n demokrasie” ‘n werklikheid geword hier in SA.

Duncan Potgieter ·

Die politieke wil om “verantwoordelikheid” te aanvaar, ontbreek by die korrupte ANC.
Hulle blameer altyd iemand anders vir hulle eie mislukkings – dit is `n wonder hulle blameer nie “Apartheid” en “Colonialism” vir die mislukte Gauteng E-tolstelsel. Dit is hoogtyd dat hulle “Pa staan” vir hulle mislukkings. Dit is seker die beste grap van die 21ste eeu dat die ANC teen hulle self betoog en nog steeds vir hulle eie onbekwaamheid probeer wil probeer verdoesel.
Die ANC het die E-tolstelsel ongestel – ongelukkig ken en weet die onnoselse spul dat die Engelse woord vir “Verantwoordelikheid” die woord “Accountability” is.

zoom zoom ·

Hoekom het hulle nie optogte gehou teen etoll toe Zuma aanbewind was. Nee want hulle was te bang vir Zuma en sy bende wat hom aanbid. Nou is hulle braaf. Ry mense aan met busse wat nie eens die etoll paaie gebruik nie. As jy nie etoll wil betaal nie ry op een van die ander paaie.

Lynette ·

Hahaha!!!!! Lagwekkend verby!!!! Dit sal nie gebeur solank die ANC in Gauteng aan bewind is nie???? Dit is dan juis deur die ANC in Gauteng begin!!!!! Asof die ander politieke partye die E-TOL ingestel het!!! Die ergste is dat hulle kiesers so polities dom is, dat hulle dit glo en hulle ANC Lakers weet dit en buit dit uit. Wanneer gaan die volk wakker skrik?

jaco ·

Dis net soos ANC-beheerde munisipaliteite wat miljoene rande aan die ANC-beheerde Eskom skuld en dan sny Eskom hulle krag af. So eintlik skuld die ANC vir die ANC geld en sny die ANC die ANC se krag af. Totaal absurd. Dis saam met e-tol alles goed wat binne die ANC-familie gebeur, so om die goed te stop of af te skryf, behoort mos baie maklik te wees.

Johan H. ·

Die anc is van die dofste denkers in mens heugenis. Nou swaaie hulle dit om in n verkiesingsfoefie. Dit se baie van wat hulle dink oor hul kiesers se vermoee,. Shame.

Neels ·

Hoe praat hy nou “ die e tol kan nie bestaan solank as wat die ANC in beheer is nie” lagwekkend. Ek is seker daarvan as ander partye in Gauteng in beheer kom sal dit die eerste ding wees wat waai. Hierdie is maar net nog n verkiesings retoriek en indien hulle nog in beheer is in 2019 sal dit voort gaan met verhoogde tariewe

LL ·

Is die ANC in Gauteng dan ook bereid om die publiek aan te moedig om nie hulle tolgeld te betaal nie ?
Hulle optrede hier is vals, ongeloofwaardig en belaglik verby.

Chris Ws ·

Afgesien van die “binnegevegte” in die anc wat nou agv van e-tol plaas vind bly e-tol ‘n onding en ‘n euwel wat vernietig moet word.

Andre ·

E-toll is daar omdat die geld wat oorspronklik vir die pad netwerk moet gaan in die verkeerde sakke beland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.