E-tol in Gauteng gaan hersien word

Argieffoto

Argieffoto

David Makhura, premier van Gauteng, het Vrydag planne aangekondig om e-tol in die provinsie te hersien.

“Ons sal ʼn paneel saamstel om die impak van e-tol te hersien en nuwe voorstelle verwelkom vir ʼn volhoubare oplossing,” het hy tydens sy provinsiale rede in Thokoza, suid van Johannesburg, gesê. Hy het aangedui die regering en munisipaliteite sal ook by die proses betrek word.

Hy sê daar moet vergader word oor hoe die padinfrastruktuur gefinansier kan word.

Hy doen ʼn beroep op motoriste om e-tolgeld te betaal terwyl daar aan ʼn volhoubare oplossing gewerk word.

Wayne Duvenage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), het die besluit verwelkom. Hy het gesê Makhura het duidelik ʼn begrip van die hoë koste van die stelsel wat vir duisende mense onbekostigbaar bly.

E-tol het in Desember in Gauteng in werking getree ondanks verskeie hofsake om die projek te keer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Arnau van Achterbergh ·

Die beste plan is om die spoedgrens op die etol paaie af te skaf. Niemand hou daarvan om ‘tol’ te betaal nie, maar ‘n voorreg fooi om vinniger as 120 km per uur te ry sal vir niemand ‘n probleem wees nie. As die snelweg nie vinnig vloei nie dan ry almal verniet. Ek sal byvoorbeeld nie omgee per km te betaal as ek 200 km per uur kan ry op groot paaie.

Bekommerd ·

Gaan nie werk nie. Daar is te veel mense in ons land wat nie so goed soos ek en jy kan bestuur nie, en ons regering sal nie sorg dat almal goed genoeg kan bestuur nie. Die dodetal op die snelweg sal geweldig verhoog.

cecilia Behrens ·

E-Tol is luuks dis gerief,maar onvekostigbaar.Dit maak ons dood.Ek stres alewig as ek moet weet dat ek deur n E-tol moet ry.

Die taxis word bevoordeel,maar die gewone man en ons ouer as 60, is daar geen genade voor nie of jy nou met jou hele gesin,kleinkinders en al reis,betaal moet jy betaal.
Maak dit asseblief nog net heelwat goedkoper.Waarom sal daar so n enorme winsgrens aan die einde van die dag wees???
Dan heilig die doel mos nie die middele.

vermaak ·

Ons betaal klaar so veel van ons bietjie salaries op tax
Tax op alles. En alles val nog steeds uit mekaar. Pot holes,power failure, soms nie genoeg petrol, kos is min en moet ingevoer word want ons boere met plase wat suid afrika kan voorsien van kos vir goed koper word dood gemaak of die land word weg gevat. En dan betaal ons vir kriminele om te lewe beter as sekere van ons buite die tronke.
So niks verbeter en ons betaal vir alles maand na maand en tax op alles en als val in elk geval uit mekaar. Ek se stop e tol heeltemal. Sny die tronke se voordeel en laat hule self skoon maak en wasgoed en kos doen vat leer boeke weg en laat hule vleis kry 2keer n week en poeding 1 keer n maand en bring straf in steel en jou hand word afgekap moor en jou lewe word gevat rape en hy sal kleiner gemak word en jy kry n tatoo op jou gesig wat r se so almal sal weet wat hy doen. Almal het die rwg om te lewe so ek se as jy moor en die persoon se reg weg vat dan vat jy jou eie reg weg om te lewe. Die tronke sal ok minder mense he en crime rate sal val wat beteken meer tourists sal kom wat weer geld terug bring vir suid africa. En het die goverment genoeg geld om paaie reg te maak. En dan kan hule ok kyk na solar system vir gratis krag so dan sal krag nie so duur wees en daar sal minder power failures wees. En dan sal mens meer spend op ander goed en meer werk sal gewerf word. Dis my comment.

EMK ·

Die ENIGSTE volhoubare oplossing is om die verdampte goed te skrap en klaar. Hulle het hulself laat “inchat” deur ‘n spul skelm Oostenrykers wat die goed gemaak/installeer het en lekker ryk geword het en dit vir twak! Ons betaal mos allerhande toelae op petrol wat vir paaie moet gaan so vir wat die arme reeds sukkelende publiek nog verder straf. Hou op om julself onregmatig hoë salarisse en bonusse te betaal dan sal daar genoeg geld vir instandhouding van paaie wees. Spul skelms en diewe!!

Amanda Labuschagne ·

Ek voel die hele etol storie is om die dam onder die eend uit te ruk. Vir elke liter petrol is daar x bedrag gehef vir paaie. Ons moet elke jaar lisensiefooie op ons voertuiebetaal waarvan i deel ook vir paaie bewillig word. Ek moet nou allerhande gevaarlike agterpaaie ry as ek vir my kleinkinders wil gaan kuier want ek kan nie insien hoekom ek vir i kuier eenmaal in 3 maande vir etag moet registreer nie. Ek het i rekening gekry waarin ek beboet word vir oortredings. Waar? Ek ry i fraksie stadiger as die ander mense. My voertuig is heeltemal padwaardig. Ek ry met die duur petrol. So waar oortree ek om daai paar kilometer op i pad wat gebou is toe ek i kind was te ry? Die rekening le hier en ek weier om dit ook nog te betaal. Ons word droog gemelk aan belastings en als. Hier by etol is waar ek die strepie trek.

Lian ·

Dis welkome nuus , maar soos George Bush Snr gese het : ” Read my lips, NO NEW TAXES” en heffings .

Chante ·

Ek het twee klein bedraggies ontvang en besluit om dit te betaal, aangesien ek dalk een keer in ‘n jaar die tolhekke gebruik. Met die bankbesonderhede op die rekening, kon ek glad nie regkom nie, erens is ‘n fout en ek is nie die enigste wat dit besef het nie.
As hulle dalk die regte besonderhede verskaf, sal daar wel geld inbetaal word.

Blapsie ·

Moet eenvoudig net nie betaal nie. Dis soos om goeie geld agter slegte geld aan te gooi.

Blapsie ·

Mens kan net lag vir hierdie stel, soveel geld is al gemors om hierdie hengse ‘stellasies’ te bou op die snelweg. Verdermeer word daar geld gemors op aanmaningsbriefies en rekeninge wat uitgestuur word aan motoriste wat ‘elk geval’ nie hul rekeninge betaal nie. Waarom moet ons elk geval betaal vir iets waarvoor ons nie gevra het nie? Mense het eenvoudig net nie meer daardie ekstra voorsiening van kontant ten einde te mors op ‘n e-tol stelsel net om die pad te kan gebruik nie. Dis soos om kos voor die mensdom se mond uit weg te neem. Wel ek is trots om te sê dat ek nooit as ‘dagbesoeker’ geregistreer is vir ‘n day pass nie en het daardie tolpaaie paar maande terug vrot gery en misbruik en tot vandag toe het ek nie ‘n rekening ontvang vanaf SANRAL nie. Dit wys jou net hoe groot klug spul die hele stelsel is. Die ongelukkige meerderheid wat in Gauteng en Johannesburg woon en werk kan ongelukkig nie die stelsel op hierdie manier ontduik nie. MAAR MOET EENVOUDIG NET NIE REGISTREER NIE – MOENIE BETAAL NIE – MOENIE WORRY NIE. Jy kan nie toegesluit word nie, geld vir regskostes en lasbriewe het SANRAL beslis nie, hulle kan jou nie ‘verplig’ nie, mag jou nie oor ‘n e-tag aftrek en intimideer nie en hulle kan jou ook nog minder in die tronk stop of enige lisensie hernuwings aan jou en jou voertuig weier nie, so waarom is almal dan nou so gepla? :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.