E-tol: Jou regte as motoris

Argieffoto

Argieffoto

Die jongste aankondiging van die regime se sogenaamde wysigings aan die e-tolstelsel bevat verskeie ‘bangmaakelemente’ wat daarop gemik is om die verbruikersweerstand teen die aanvaarding van die stelsel finaal te knak.

In die regering se wortel-en-sweep benadering het hulle egter nagelaat om na hulle eie regulasies in hierdie verband te kyk.

Die dreigement dat motoriste nie toegelaat sal word om hulle voertuie se lisensies uit te neem as daar ʼn sogenaamde e-tolskuld uitstaande is nie, is onwettig en ek sal kortliks aantoon wat die ware toedrag van sake is.

Eerstens mag die uitneem van ʼn geldige jaarlisensie (die sg. skyfie) slegs verhinder word in die volgende gevalle:

  1. Wanneer daar uitstaande lisensiegeld of verbandhoudende boetes ter sprake is;
  2. Wanneer die voertuig se padwaardigheid opgeskort is of nie ʼn padwaardigheidsertifikaat het nie;
  3. Wanneer daar ʼn geldige en bestaande lasbrief (ten opsigte van verkeersoortredings) uitstaande is vir die inhegtenisneming van die lisensiehouer; of
  4. In die geval van ʼn uitgereikte AARTO-afdwingingsbevel (AARTO Enforcement Order).

Met vergunning van Justice Project South Africa haal ek graag aan:

The practice of withholding licence discs because of outstanding traffic fines due to the existence of outstanding traffic fines issued under either the Criminal Procedure or AARTO Act or unpaid e-tolls is unlawful.

Of late, there have been multiple claims that licence discs are being withheld due to outstanding e-tolls existing against the licensee’s name, and this, too, is completely unlawful  since the legislation governing e-tolls makes no provision for this.

Motoriste word dus aangemoedig om saam te werk om hierdie korrupte stelsel te laat sneuwel.

Interessantheidshalwe kan ook vermeld word dat, soos die kredietkaart-tipe rybewyskontrak wat destyds aan ʼn Sweedse maatskappy, I D Kort, toegeken is en toe later deur Mac Maharaj en sy trawante (die Shaik-broers) “oorgeneem” is, was Mac ook betrokke in die e-tolfiasko deur sy vriendskap met Nazir Alli, Sanral se baas. Dit was juis Mac en Alli (laasgenoemde was toe ʼn hoofdirekteur by vervoer en Mac die minister) wat hierdie stelsel uitgedink het as nog ʼn goeie manier om kaderverryking verder uit te brei.

Selfs vandag nog, genereer elke rybewys wat uitgeneem of hernu word, R45 vir Nkobi Holdings – een van Shabir Shaik se maatskappye.

Wat die ander tolpaaie betref is Trac (Trans Africa Concessions) ook besig om goed te skep (55c per kilometer) op die pad tussen Pretoria en Nelspruit – sonder om hulle verpligtinge na te kom soos om voetgangers en losloperdiere van die pad af te hou. Slegs 43% van Trac se inkomste word vir instandhouding en padopgradering gebruik – die res gaan na ‘shareholders’, hier en oorsee.

Met inagneming van die brandstofheffings, en ander belastings, is dit duidelik dat Sanral se e-tolstelsel daarop gemik is om ʼn oorsese maatskappy (wat by die wapenskandaal betrokke was) Kapsch Trafficom Sweden, nog verder te verryk. Dit spreek amper vanself dat verskeie senior ANC-amptenare by hierdie gerieflike ooreenkoms sal baat.

Die vraag is dus: Is jy as motoris gereed om hierdie mense nog verder te verryk of gaan ons, soos die Amerikaanse koloniste tydens die Boston Tea Party, sê tot hiertoe en nie verder nie.

Wat my betref, my belastings betaal reeds vir paaie, Nkandla, die instandhouding van die Zulu-‘koningshuis’ en ander vorme van verwerplike korrupsie. Die e-tolstelsel, in die woorde van ʼn bekende fliektitel, is A Bridge too Far..

*Bernard K Hellberg is reeds 20 jaar lank ‘n motorjoernalis en senior lid van die SA Motorskrywersgilde. Hy is ‘n alumnus van die PU vir CHO en skryf in sy persoonlike hoedanigheid)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Wernher ·

Elke belasting betaler in die land, moet nou opstaan en alle vorme van belasting weerhou. die anc moet val en vinnig. Nkandla behoort aan belasting betalers en ONS SAL DIT TERUGVAT. Alle anc amptenare moet tronkstraf kry dit sluit fw de klerk in.

lol ·

Ja nee kyk, brand skole af, toi toi, daai werk. Hierdie passiewe agressiewe aksie deur nie belasting betaal nie sal nie help nie. net soos alle ander rasse moet mens eers riot voor jy iewers kan kom. Mandela het gesê as die ANC doen wat apartheid gedoen het, gooi hom uit

Wernher ·

Jy sal sien as die staatskis opdroog en nie meer al die massas se geld kan gee nie, hoe gaan die anc inplof en dan sal zuma, cyril and kie se koppe waai. Franse revolusie het Marie Antionette ook gedink mense wat niks het en aan hekke ruk sal ophou, toe KAP hulle haar KOP AF. anc is nie bestand teen ‘n arm en GATVOL volk nie. Mense is op hul gevaarlikste wanneer daar niks meer is om te verloor nie. Daai massas wat vir hulle stem sal die anc se ondergang beteken, maar alle en ek bedoel alle belasting moet weerhou word.

Eduard ·

Wernher Dis n goeie idee maar hoe gaan jy jou werk gewer dwing om nie belasting van jou inkomste af te trek nie?

Wernher ·

Werkgewers sal saam moet staan, die staat het net oor ‘n 1 miljoen mense in diens, so daar sal ons nie regkom nie. Maar die privaat sektor is wat die land se belasting betaal, nie die staat nie. En ek dink op die stadium, as ‘n ANTI BELASTINGS BEWEGING, gestig word, kan almal belasting oorbetaal aan die fonds, wat deur enige een gesien kan word, en kan sien waar die geld heen gaan. Op die manier kan elke belasting betaler dan weet geld gaan nie na karre, huise, nkandlas en ‘n lekker korrupte anc gemors buddy buddy plek nie. Geld word dan aangewend waar dit moet gaan, huise, paaie, skole, ens. Die anc sal vinnig agterkom dat hul belasting invordering baie krimp en in diep diep moeilikheid raak, want alle sosiale pensioene ens wat 16 miljoen mense op is, sal opdroog, die land se krediet status sal val na junk, wat rente op huidige lenings opskiet. anc stemmers sal dan aan zuma en sy maatjies gaan klop en vra waar is ons geld, ens. Net daar val die hele koek plat. Belasting betalers kan ook deur so ‘n koalisie die politieke mag wat daar is finaal breek en dan word die land weer deur wet en order beheer, want ons het die geld wat die staat nodig het om te oorleef. Dit gaan baie baie moeilik wees vir die anc om so iets te oorleef, so ‘n referendum word geforseer en glo my daai 1 man 1 vote sal baie anders lyk as daar nie meer votes gekoop kan word nie.
Met die rand wat heeltemal in duie sal stort, sal dit goed wees om eers die dollar aan te neem as ‘n geld eenheid, op die manier gaan die land nie deur ‘n inflasie en geld skok nie, maar stabiliseer. Ons kan dan met reserwes handel dryf en voort gaan sonder die regering. Alles is openbaar en mense kan sien wat gebeur, daar is nie onderduimse kontrakte en skelm bribes nie.

Mel ·

Sit alle werkers op ‘n kontrak basis. No work no pay soos in die ou dae. Dit het toe gewerk en kan weer werk. Ons word nou gedwing om desperate besluite te neem. Staan saam en werk saam om te red wat daar nog te redde is.

Dalien ·

dit is definitief tyd dat ons saam staan en die wat so skep n skop in die tande gee, genoeg is genoeg…

PietB ·

Een of ander goeie ondersoekende joernalis moet maar net die moeite doen om uit te vind wie die aandeelhouers van die Sweedse maatskappy is. Hulle sal waarskynlik vind dat een of ander Maleisiese mpy die aandele hou. die Maleisiese aandele word 10 teen 1 deur ‘n mpy elders in die wêreld gehou en daardie een se aandele sal ons sekerlik vind behoort aan ‘n Zuma en/of Gupta en/of Maharaj ens. Wil iemand nie maar probeer uitvind nie?

Bernard K Hellberg ·

Piet. ek werk daaraan. Op hierdie stadium is daar ‘n sterk vermoede dat Nazir Alli ‘n Maleisiese bankrekening het wat gereeld deur Kapsch Trafficom Sweden opgetop word. Ek weet egter nie of Mac (Maharaj) die ander ‘outeur’ van die etol-skema en Nazir se pêl, ook op Kapsch se ‘payroll’ is nie. Sal probeer uitvind.

piet ·

Stem dis bog my tax is al meer as my selaris in n maand en wat kry ek daarvan potholes ,vuil dorp swak standaarde ens so kyk wa ga my swaar verdiende geld heen nee so kan dit ni aangaan,die staat vat net

Ampie ·

Dankie vir die uitwys van die korrupsie in die e-tol sage. Ek dink nie daar is enige proses in Suid-Afrika wat sonder ‘n mindere of meerdere mate van bedrog/bevoordeling/korrupsie plaasvind nie. Elke klein stadsraad, elke pad, toilet of watookal wat opgerig moet word en met of sonder tenders plaasvind, is onderhorig aan hierdie monster. Niks gaan hierdie kultuur verander nie, selfs nie eers ‘n nuwe regering nie (daar is terloops geen kans dat die ANC ooit die onbeperkte mag van een van die grootste ekonomiee in die wereld sal opse nie. Mens sny nie jou eie geldkraantjie af nie). Op die lang duur is die weerhouding van belastings soos met die e-tol sage die enigste manier om hierdie magtelose put te voorkom of minstens te beheer. Die beginsel van geen belasting vir geen dienste is tog korrek. Ons moet net ‘n manier uitvind om dit te doen sonder om die wet openlik te oortree.

Johan ·

Dis al wat moet gebeur…dink wel die rand gaan dan vou so jy weerhou nut loose geld…en saai chaos…raai wie gaan alles verloor. Die rugraadlose outoppies wat die besighede gebou het terwyl hul kinders op d grens geveg het sal dit nie doen nie, maar wag tot die jonger gatvol ous wat nooit oorlog gesien het oorvat, dan het ons n kaans.

Manfrit ·

Meskien moet daar ook soos ander Afrika lande op die sy en ook op grond vlak in U.S. dollars gedeel word. Meeste van die groot maatskappye deel al klaar in dollars. Teen die tyd dat die land stelsels opvang gaan oor na Chinese yen en Euros toe? Amper soos die geld onder die matras metode. So doende bly alle geagte besigheid by een. Verhoog dadelik die dollar prys op plaas vervaardigde goedere en die gene wat wil in Koop moet in dollars betaal? So sal dit gelydelik gebeur dat al jou rand verdienste kleiner word en Dollars meer en onder die matras?

Ian Kriel ·

As ons dit nie teenstaan nie gaan die hele land se paaie vrot wees van daai wit gedroggies…
Ek betaal genoeg belasting…

Realis ·

As ek so na party van die “raadgewers” se spelling kyk, dan pas dit nogal by die “raad” wat hulle gee. Wernher vat die koek – nie met swak spelling nie, maar met die raad wat hy aan te bied het! Wil jy nou wragtag die totale ekonomie vernietig om die e-tol weg te kry? Het almal ophou dink? Jy het net die stembus as wapen, en ek wonder hoeveel raas-en-blaas adviseurs hierbo het toe hulle in die referendum gestem het, toe JA gestem het! Julle het toe ook nie gedink nie – twee derdes van die kommentators het JA gestem. Statistiese feit! Kry vir julle!

Theo ·

Realis: Mnr. die Prinsipaal, baie dankie dat jy sommige mense daarop wys dat hul spelling veel te wense oorlaat. Die regte manier is om dit regstellend te doen en nie afbreekend nie. Tweedens raak jou “kry vir julle ja stemmers” nou afgesaag soos die wat al van vroee jare propageer dat die blanke nie kan saamstaan nie. Jy mis die punt Mnr die Prinsipaal, hier gaan dit oor almal wat die pad gebruik wat moet saamstaan. As jy dan voor die tv wil sit en kommentaar lewer, doen dit, andere sal ook vir jou veg. “Enige regstellings hierbo waaruit ek as Afrikaner kan leer”?

Realis ·

Let op “afbrekend” se spelling Theo’tjie! Jy gaan pouse skoolsit! Die res wat jy geskryf het, is snert! Wys my enige plek waar mense “saamgestaan” het om effektief regeringsbesluite om te keer. Die stembus, ou perd, is jou enigste wapen teen jou onnoselheid. Probeer dit, en as jy bietjie grysstof gehad het, sou jy gesien het ek praat nie VIR etol-heffings nie, net teen die lam metodes wat jy en ander opdis, nogal met foutiewe taalgebruik.

Jaco ·

Ja Realis ek sien jy is so braaf en trots op jou stellings dat jy dit onder ñ skuilnaam moet doen (ook maar ñ rusbank-stryder, ook maar ñ lafaard).

Alex ·

HAHA! onsettend snaaks! dit was presies wat ek gedink het. Well said!

Petro Fagan ·

Sou hulle ons weg wys, wie kan ons help. Waar kan ons leke aanklop?

Pieter ·

Wat my meer begin ontstel as die e-toll sage is die roekeloosheid waarmee joernaliste “feite” rondgooi om publieke emosie, wat reeds oorkook, aan te wakker. Julle hoef nie blatant te lieg nie, mense is klaar kwaad… Kapsch het baie geld verloor, gaan kyk na hulle aandele prys en hoe die uitstel van tol hulle prys laat val het, elke keer as dit aangekondig is. Dis ook reeds bewys dat hulle glad nie by die wapen kontrak betrokke was nie… Die e-tol stelsel is ook nog nie in staat om lisensie skyfies te stop nie, so die feit dat mense lieg dat dit reeds gestop word is absoluut belaglik. Soos ek se, hoekom moet almal bylieg, nie net oor e-toll nie, oor alles, emosie is reeds groot, almal is reeds in opstand, hou by die feite… PS: ek is ook teen tol, maar ek bemoei my net met feite en nie met fiksie nie…

Bernard K Hellberg ·

Pieter, daar is tog wel bande tussen die volgende rolspelers: Kapsch =Kapsch Trafficom Sweden=SAAB Aerospace=BAE. Die regime probeer dit net toesmeer. Stuur gerus jou feite sodat ek dit met my feite kan vergelyk.

MARLENE GROVE ·

Ek het ‘n e-tol en betaal gereeld. Maar wat gaan met my gebeur as ek ophou betaal?
Ek wil nie graag met ‘n nagmerrie sit of aan die anderkant, mense verryk en ek self spartel om
wetsgehoorsaam te wees nie.

Johnnie ·

Hou aan betaal. Dis reg so. Moenie deel raak van die nie-betaalmentaliteit nie. Wees trots. Die Here sien jou raak wat wie ookal sê.

Interessant dat diegene soos ek en jy in die minderheid is, maar ek is nie deel van die protes nie, al word ek veroordeel oor ek nie saampraat nie

Okkie ·

Ek lees al die kommentare hierbo en kry skaam. Ek is vandag ‘n outoppie wat daardie tyd nee gesê het, wat ook op die grens diens gedoen het en wat nou gedwing word om deel te wees van al hierdie ANC korrupsie en misdaad in ons land. Om nou hier in ‘n debat betrokke te raak oor die onwettige optredes van ons regering en sy mense en hoe om dit reg te stel met toi-toi en nie belasting te betaal nie is presies dieselfde as om ‘n wind teen donderweer te los. Ons almal het idees en maak voorstelle maar nie een van die 14 kommentare vra, sê of gee bevel dat ons weer as ‘n nasie moet saamstaan, in opstand kom en moet begin baklei teen al die onwettighede nie. “Johan” noem van die ruggraadlose outoppies wat dit nie sal doen nie maar wanneer gaan ons slapgattige jeug wakker word en sê tot hier en nie verder nie. Klaar boedel oorgegee want ons witmense kan nie saamstaan nie en tot ons nie weer een volk gaan wees nie is ons doodsvonnis geteken. Jy gaan nie tolgelde betaal nie, wil jou belasting terughou, die dollar moet as geldeenheid ingebring word en daar is ‘n 1000 voorstelle en idees maar my vriend, hoe gaan jy dit regkry as daar net nog ‘n wet gemaak gaan word om jou keel af te sny. Om af te sluit een voorbeeld van hoe die anderkant werk : Die ANC betoog huidiglik teen die ANC regering (Eskom) oor die krag (loadshedding) wat afgeskakel word. Kom ons kyk of hulle iets gaan bereik want nog nie een witmens het daaroor betoog nie, ons sit solar panele, gasstowe en geysers in en die wat dit nie kan bekostig nie sit in die aand by ‘n kers en wag dat die krag weer moet aankom sodat ons die volgende dag weer kan voortgaan in die veilige kokon wat ons rondom om geweef het.

Jaco Grobler ·

Kokon? Stem nie heeltemal saam nie, mense pas aan, word beter, slimmer, sterker en vinnager, dis wat gebeur met mense misbruik word en verkies dat dit hulle nie breek nie. Ek doen eerder iets konstruktiefs aan my situasie voor ek in die pad rond dans en vanaand weer in ‘n donker huis sit. Bee maak ons beter en meer vindingryke besigheidsmense, Eskom en Etol nog meer so. Bly positief mense, die sterkes sal sterker anderkant uitkom, en terloops, dis nie wittes wat moet saamstaam teen die regering nie, dis almal !

Alex ·

Een ding is verseker, n’ Pakkie “Lighthouse” Kerse en twee ure sonder krag sal my minder skade maak as om my hard verdiende inkomste te spandeer op n Sonskrag paneel.. aan die einde van die dag sal die ANC ons nog belas op sonkrag ook… omdat hulle ook n cut wil he uit alles wat ons bou om vir ons self te sorg. Of ons nou gennies ophook, sonkrag gebruik of eskom krag gebruik, al die paaie loop na die regering se gatsak toe.

Passop net. op fase vier kom blaas n eskom tegnikus jou kers ook dood en charge jou n callout fee, n per hour charge en nog VAT(value added tax) want om jou geld te vat is mos Value Added To – us

andre ·

Almal het baie te sê oor wat ons moet doen en wat nie, dis alles onwettig sê ander. ja ek stem saam. Maar ek vra die vraag saam met Petro Fagan, as hulle weier om ons skyfies te gee tensy ons betaal, wat dan? Om vir hierdie staatsinstellings te se dis onwettig gaan niks help nie, hulle lag jou uit en jy staan alleen. Waar klop ons aan vir hulp?

Realis ·

Uiteindelik iemand wat kan spel en sin praat! Dankie André! Jaco wat my uithaal omdt ek ‘n skuilnaam gebruik: Wat van jouself ou vale? Jaco sonder ‘n van is ook ‘n skuilnaam! In my name kom ook “Jaco” voor. Tog so jammer dat min kommentators op hierdie blad se IK net nie kan vorder tot dubbelsyfers nie. As OUTA tot dusver nie die stelsel van stedelike tol kan omkeer nie, watter hoop in die hel het julle morone om dit reg te kry? Get a life!

Twanette ·

Ag asseblief tog Realis…
Ek wens net mense soos jy wil eerder julle geniale IK’s gebruik en ‘n plan van aksie saamstel eerder as om heeldag te sit en kla oor ander mense se spelling. Mense bly mense en individue en daarom gaan elkeen met sy eie idees en voorstelle vorendag kom. Jy is heeltemal te besig om ander te analiseer en te kritiseer om enigsins ‘n bydrae te lewer, so hoekom kommentaar lewer? Weet jy…ja almal hier se idees mag die grootste klomp nonsens onder die son wees(alhoewel sommige idees vir my heel goed klink), maar dit is nie te sê jy is in enige opsig beter as iemand anders deur te sê wat jy doen nie. Vir ingeval jy nie in die laaste paar jaar ‘n tydjie kon afknip om agter jou woordeboek uit te klim nie, wil ek jou net laat weet dat ons ekonomie nog nooit in so toestand was nie. Intelligensiekwosiënt was sekerlik jou woord vir die dag.

Rudi ·

Hallo Andre
Jy vra wat help dit? So ver het alles gehelp om weerstand te bied. Ons het gewen om stelsel 50% goedkoper te maak. Nou is die regte toets. Gaan jy saam my in die hof staan en se dat hul kontrakte korrup is en jy nie gaan betaal? Ek het so besluit! Ek kan nie aleen staan nie!

JEANNE SMITH ·

Ek wou graag die “”jou regte as motoris copy en later print , maar kan nie . Dit sal goed wees as ‘n mens dit kon bewaar het .

Pierre Rossouw ·

Ek het van die begin af gesê ek sal nie e toll betaal nie. Die ANC en Sanral het daardie pad kom kry. Dis nie n nuwe pad wat hulle gebou het nie. Dis net n bestaande pad wat breër gemaak en opgegradeer is soos wat hul in elk geval moes doen met ons belasting en petrol heffings geld.
Dit is tog JOU as regering se plig om te sorg dat jou belasting betalers vinnig en veilig by hul bestemmings kan aankom om sodoende WEER belasting te kan betaal.
Dis tog al waarvoor en waar van jul leef. ONS belasting geld.

Johnnie ·

Kry vir julle. Julle almal weet al baie lank dat tol betaal moet word. Moet nie nou huil oor die wortel en sweep nie. Ek is so bly ek het gereeld betaal en die skyfie op. En ek is trots Suid Afrikaans en ons highways is uit die boonste rakke. Ek is nie deel van die groep wat net alles verniet wil hê nie.

Pierre ·

Ek stem ongelukkig nie saam met jou nie Johnnie. Waarvoor betaal ons dan brandstof heffings en belastings? Wonder wat jy gaan sê as die e toll prys elke jaar gaan verhoog.

Pietet ·

Aangesien ons nou weet wie die paaie moet in stand hou kan ons hulle dagvaar vir die skade aan ons voertuie

Pietet ·

Aangesien ons nou weet wie die paaie moet in stand hou kan ons hulle dagvaar vir die skade aan ons voertuie

Willem Bezuidenhout ·

Dit is baie interesant om te sien wie almal nee stem – die hele spekstrum behalwe ons geliefde ANC. Ek is ‘n ondersteuner van een van die teen partye en my gevoel is dat hierdie uitbuiting van die “normale wets gehoorsame ” publiek nou te ver gaan. Ons kan verskeie redenasies en argumente van die Bybel – waarin ek onwrikbaar glo – tot die humanutere sieninge gebruik om ons uitspraak te regverdig . Een ding staan soos ‘n paal bo water erens moet dit nou stop – die swaar verdiende geld van die huishulp tot die professor moet oordeelkundig en regverdig aan gewend word . O ja ek is geskool in die weteskappe so moenie op my spelling let nie probeer liewer ‘n sinvolle bydrae maak . Beste groete.

Realis ·

Willem, is jy seker jy is geskool? Ou pêl, jy moet jou skoolgeld terugvra! Sowat van spelling vir ‘n wetenskapsgeleerde. Grappie! Jou redenasies maak ook geen sin nie. Jou stemreg is al wapen, niks anders nie. Klink my jy is ‘n voorstander van demokratiese beginsels. Pas dit dan toe. Het jy ge-moan toe openbare verhore gehou is voor die instelling van e-tol? Wees eerlik met jouself en alaml op hierdie blad. Ons wag vir jou antwoord….

alf ·

Die een dom stelling na die ander, stemreg as n wapen ha ha 3 miljoen teen 51 miljoen ? Sien julle 1 ordentlike land in AFRIKA ?

Theo Kruger ·

Ek glo nie wat ek hier lees nie. Dieselfde mense wat praat van ‘wettelose land wil nou wetteloosheid bevorder. Die meeste van hulle gebruik ander tolpaaie en betaal sonder enige klagtes. Nou dat die betaling per e-tol gedoen word is dit nie goed nie. Ek dink al die e-tol stasies moet maar weer veander word sodat jy moet betaal voor jy kan deurgaan. Of, sorg dat jy nie daarop ry nie. As jy weet dit kos tolgeld om daar te ry en jy gebruik die pad sonder om betaal kom dit neer op iets soos winkeldiefstal. Waardeer erder gerief en betaal as jy daar wil ry.

Realis ·

Theo Kruger, jy praat regtig sin. Ek bly nie in Gauteng nie, maar ek het klokslag my rekening betaal (afslag benut deur vroeg te betaal) want ek het mos die gerief gebruik. Weerhou die klaers vir die regte redes hulle betaling? Ek twyfel. Nou het die regering die tarief met ongeveer 50% gesny – hulle het mos geluister na vertoeë! Ek wonder regtig hoeveel van die klaers/weerhouers hierbo het die openbare verhore bygewoon VOORDAT die e-tol ingestel is en hoeveel het maar agterna op die “band wagon” gespring omdat dit lekker is om te protesteer….

Susann de Beer ·

Ek ry al 30+ jaar gauteng snelwee. My man betaal jaarliks meer as 500 duisend op belasting. Ek dink dit is my reg

Pierre ·

Jy is reg Susann. En boonop betaal ons nog brandstof heffings in elk geval.

Annemarie Bornman ·

As iemand so ‘n organisasie stig (om belasting wettig te weerhou), sal ek dit ondersteun. Maar die Bybel sê “Betaal aan die keiser wat die keiser toekom en aan God wat God toekom”. Die enigste probleem met sulke voorstelle is dat almal sê dit of dat moet gedoen word. Maar die mense wat dit voorstel neem nie inisiatief om dit te doen nie. Op dié wyse gaan niks beter word nie … inteendeel.

Johan Pic's ·

Die manier wat die Gauteng se toll stelsel bedryf word – hoe dit arogant in ons kele af gedruk word, is komies! Hoe kan enige ‘besigheid’ ‘n derde van sy omset aan invordering spandeer – sonder sukses – dit is vir my ‘n riem onder die hart dat daar mense is wat nog glo dat gee die keiser wat hy vra – maar ek stel voor dat jy eers mooi kyk wie is die keiser wie se arogante bloulig ape jou van dieselfde tolpad afdwing omdat hulle laat is vir ‘n afspraak? Dit sal interesant wees om die weet wat se persentasie van die tolgeld kom uit privaat ouens se sakke, en hoeveel deur maatskapye wat dit as onkostes terug eis van SARS.

Tinus ·

Hierdie tipe berigte is goed en wel maar hoeveel van die tipe inligting kom by engels sprekendes uit? Die bedien n kleinere mark in die land se bevolking. As dit in albei lands tale gepubliseer kan word sal dit soveel meer tref krag hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.