E-tol-man bedank by Sanral

Sanral

Alex van Niekerk, projekbestuurder vir tolpaaie en verkeer van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), het bedank.

Die padagentskap het gesê Van Niekerk se bedanking tree van 28 Februarie 2020 in werking. Sy opvolger of waarnemende bestuurder sal daarna aangekondig word.

Van Niekerk het in 1998 as projekbestuurder by Sanral aangesluit. “Hy het sedertdien gehelp met verkeerbestuur, ʼn bydrae gelewer om Sanral se afdeling vir tolpaaie op die been te bring en strategiese vennootskappe in die plaaslike en SAOG-padkonstruksiebedryf aangegaan,” het Sanral in ʼn verklaring gesê.

Hy was die afgelope 14 jaar verantwoordelik vir die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) en het “hard gewerk” om die bedrywighede van Sanral se e-toleenheid te verbeter en te stabiliseer.

“Ondanks moeilike tye vir GFIP het Van Niekerk toegewyd gebly tot regeringsbeleid en sy verpligtinge tot die beste van sy vermoë nagekom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frank ·

SANRAL verloor hier verseker een van sy beste en hardwerkendste lede. Om nie te praat van die kennis wat hier verloor word nie. ‘n Groot man gaan daar…

Leon ·

Het die man die lig gesien? Het hy ‘n Damaskus oomblik gehad. Het hy gesien wat hy aan die land en sy mense en die ekonomie gedoen het? Lyk my hy het besluit dat hy nou genoeg skade gedoen het met -e-tol en nou gaan hy bedank. Kry ‘n SEB persoon in wat dit so opfoeter dat e-tol ‘n totale ramp is en gladnie meer werk nie en dan MOET hulle dit skraap.

Anoniem ·

Weereens word ongegronde uitsprake gemaak deur iemand wat dink hy weet iets. Jy het geen kennis van die integriteit en hardwerkenheid van Alex van Niekerk nie. So dra jy by tot die afbreek van alles.

Gawie Galblaas ·

Breek die E-tol staal strukture af….vat dit scrapyard toe…belê die geld en maak vir die volgende 100 jaar die paaie reg net met die rente.

Marieta ·

Ek het reg van die begin af geregistreer op die Sanral stelsel. El betaal dus my E-Toll. Maar nou weet ek nie meer nie. Gaan my tolgeld nog vir die regte doel deur die kanale… of gaan dit nou reguit in iemand se sak in? Hoekom kan hierdie tolgeld-ding nie finaal gefinaliseer word, dat almal weet waar hulle staan met die beleid/stelsel nie. Dis steeds vir my onaanvaarbaar dat ‘n klein gedeelte van die bevolking bereid was om hulle deel by te dra, terwyl die res almal net skouers optrek. Hoekom kan daar nie teen die onwilliges opgetree word nie? Daar is geen invorderings nie – slegs dreigbriewe word uitgestuur…?

Griet ·

Jammer om jou “bubble” te bars, dit (jou geld) het nog altyd in “iemand” se sak ingegaan. Nie ‘n sent van dit wat jy betaal het, bly in die land en word aangewend om Suid-Afrika se infrastruktuur te verbeter nie…….

Db ·

@Marieta. Watter gehoorsame burger het ons nou hier! Betaal e-tol wat in iemand anders se sakke beland behalwe waar dit moet wees. Kry vir jou suster want uit my beursie kom nie ‘n sent want het nie gestem vir dit nie. Van Niekerk het agtergekom dat hy almintige skade aangerig het en daarom bedank hy. Good riddens meneer

wilma ·

Ek het myself al dikwels gevra hoe lekker gaan ons met ons luukse voertuie ry op paaie wat nie meer in stand gehou word nie aangesien die regering ongelukkig nie meer geld het vir noodsaaklikhede nie, maar alles in bodemlose putte beland! Kyk maar hoe lyk paaie waar inwoners self inspring om gate toe te maak.

Julie Jansen van Rensburg ·

Ek het in beginsel niks teen tolpaaie nie, MITS dit nie die gebruikers tot nadeel strek nie. Was in ’76 in Europa op toer en het heelwat van busvervoer gebruik gemaak, en selfs toe was tolpaaie alreeds in gebruik, en daardie paaie was absoluut pragtig… Net jammer dat die Gautengse stelsel tekort skiet in vergelyking met Natal, met – as ek reg onthou – die Mariannhill tolhek tussen Durban en Pmb die goedkoopste, veral aangesien duisende pendelaars (my dogter inkluis) daagliks op die N3 tussen werk en tuiste reis, – en selfs die res van Natal is meer redelik as hier. Inderdaad, daar betaal jy by elke tolhek soos jy reis en geen rekeninge (sover ek weet) gaan na die bestuurders nie – betaal en kry klaar, en ek reken dit spaar alreeds geld en ongelukkigheid met die versending van kennisgewings vir betaling deur die pos…. nee, kyk, hierdie ANC regering kort mense met breinkrag en kennis – welke tekort aan breinkrag en vraatsug na geld daartoe gelei het dat die land vandag in so ‘n gemors beland het…

Trol ·

Pleks van tolhekke pair en werknemera astronomiese salarisse betaal, kan die geld vir instandhouding gebruik word. Breek alle tol hekke af. Ons het die paaie se bou befonds, hoekom moet ons nog betaal om daarop te ry?

Frans C ·

Die ANC is geldwolwe en van SANRAL se inkomste gaan die meeste na die buiteland.
Met ‘n petrol prys van R 14.23 per liter het die regering vir die 2018/19 boekjaar volgens berekeninge deur die AA: ‘R118.7 bn’ gemaak waar bn R1,000,000,000 is.

Enigiemand wat dus reken dat bo en behalwe die reuse inkomste motorriste moet nog vir tolpaaie betaal sal ‘n beter argument as die ‘gebruiker moet betaal’ op die tafel moet plaas want motorriste betaal reeds deur hul nekke om die ANC se geldhonger te bevredig.

Attie. ·

Ek kry nou en dan die pragtigste fotos van my kar en dan gooi ek dit weg want ek het ‘n mooi foto, wat wil ek met nog maak?

JohanR ·

Ek bly in Kaapstad maar sal kom hulp met my byl om die e-tolls af te kap. Dit sal wees soos toe die Duitsters die gehaate Berlyn Muur in 1990 af gekap het! Sal kap en kap en kap en baie geniet!

Johan Green ·

Hulle sal so lank moontlik aan die E-tol vasklou. Die Regstelsel se geld is hierin bele. As dit skipbreuk ly sit hulle sonder pensioen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.