E-tol: Mbalula kap Mboweni en waarsku paaie gaan al slegter word  

Fikile Mbalula (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Daar word aandag gegee aan die kwessies rakende die e-tolstelsel, maar intussen word geld wat bedoel is om paaie te onderhou gebruik om die stelsel se skuld te delg.

Dit is Tito Mboweni, voormalige minister van finansies, se skuld dat die kwessies rakende die e-tolstelsel nog nie opgelos is nie, het Fikile Mbalula, minister van vervoer, Dinsdag tydens ʼn vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer gesê.

“Elke keer as ons na die tafel gegaan het om oplossings te probeer vind, het hy ʼn verskoning gehad. Ek sit met ʼn groot kopseer,” het Mbalula gesê.

Paaie gaan vir die volgende tien jaar nie in stand gehou kan word nie en die toestand van paaie sal versleg, het Mbalula gewaarsku.

“Die tweede fase van die Gautengse snelwegverbeteringsprojek het tot stilstand gekom. Daar gaan in die volgende vyf tot tien jaar verkeersopeenhopings voorkom. Dit gaan die grootste ramp wees wat nog gesien is omdat paaie nie in stand gehou word nie aangesien ons nie geld het om dit te doen nie.”

Mbalula het gesê daar word aandag aan die kwessie gegee ten einde ernstige langtermyngevolge die hoof te bied.

Mbalula onderneem al egter sedert 2019 om ʼn oplossing vir die kwessie te vind en die publiek wag sedertdien in spanning op ʼn aankondiging.

Hy het in Oktober aangedui dat ʼn aankondiging oor die toekoms van die omstrede e-tolstelsel in November gemaak sou word.

Die e-tolprojek in Gauteng

“Ons verwag ook dat die minister van finansies iets oor e-tol sal sê wanneer hy sy toespraak oor die mediumtermynbegrotingsraamwerk in November lewer. Ons glo dat die kabinet teen daardie tyd die saak sou afgehandel het,” het Mbalula toe gesê.

In Mei verlede jaar het die minister gesê daar sal binne twee weke ʼn aankondiging gemaak word oor die toekoms van die e-tolstelsel. Daar het egter dadels van gekom.

Daar sou teen einde Maart verlede jaar al ʼn aankondiging in dié verband gewees het, maar Mbalula het toe in April gesê hy kan geen aankondiging maak voordat die kabinet ʼn besluit geneem het nie. Mbalula het daarna aangevoer daar is egter nou “ʼn besluit ter tafel”.

Pres. Cyril Ramaphosa het reeds in 2019 opdrag gegee dat Mbalula, Mboweni, toe minister van finansies, en David Makhura, Gautengse premier, met ʼn oplossing vir die e-tolstelsel vorendag moet kom.

Mboweni het verskeie kere gesê die e-tolstelsel gaan nie in die nabye toekoms geskrap word nie terwyl die Gautengse regering herhaaldelik sy teenkanting teen die stelsel te kenne gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Hoekom ·

Ons betaal genoeg belasting, brandstof levy en konvensionele tolhekke vir die instandhouding van die paaie. Raak ontslae van die etol sisteem wat julle soos ‘n diktorskap op ons afgedwing het!!

Gert ·

Hulle sal dit vir solank as moontlik uitrek want sodoende skep hulle nog. As dit geskap word is die pot leeg

Misky ·

Hulle sal nooit hul aandeel en skuld erken nie, altyd iemand anders se skuld.

Ek het ook nou ‘n kopseer!!!!

Pieter ·

Julle brein dood anc menisters moet almal terug gaan skool toe en eers graad een gaan klaar maak .

Bertie ·

Dis altyd iemand anders se skuld. Hulle sal nooit erken hoe pateties hulle is nie. Oplossings vir die E-tol kwessie is lankal voorgestel, maar hulle weier hardkoppig om dit te aanvaar.

Samuel ·

Soos destyds in die DDR en elders: die party is altyd reg. Julle kommuniste kry vir julle.

Darkwing Duck ·

Julle het e-tol ingestel sonder om die publiek te nader en toe die heel duurste transaksie wat op die tafel was gevat. Nou rook die Franse julle vir die geld wat julle nie het om terug te betaal nie en weereens moet die 2 oorblywende belastingbetalers die loesing vat. Skande.

Herman ·

Skrap vir Fikile Mbalula. En terwyl julle besig is, sommer die hele parliament.

Johannes_64 ·

Waarom word voertuig lisensies dan betaal? E-Tol het nie gewerk nie vir dieselfde rede as wat voertuig lisensie geld en heffings op brandstof se geld nie by die doel kom waarvoor dit bedoel is nie, om die paaie te onderhou, nie om mee derduisende mense aan te stel en blink karre mee te koop nie, dan is daar niks oor vir die werk nie.

Danny ·

Nog ‘n bodemlose put projek.. geld in die water – ai SA, wanneer gaan jou regering jou ooit weer trots maak.. Die paaie eis duisende lewens weens swak instandhouding. Daai geld kan gerus gebruik word om dié families by te staan!!!

Kokerboom ·

Terme verantwoordelikheid en aanspreekliheid bestaan NIE in kaders se woordeskat en land ly daaronder. Tydsraamwerke bestaan glad nie

Marius ·

Het julle al gesien hoe lyk dit waar eens op ‘n tyd teerpaaie was in afrika? Die roetes is so sleg, selfs die bobbejane loop met kieries. Dis is ons voorland.

Kaptein ·

Hy skrik vir sy eie skaduwee en sê dan dit was nie sy skaduwee nie. Die clown moet iemand anders van sy drome gaan vertel. Hy is nou regtig nie een van die helderste kersies nie

Willem ·

Dit is omdat hy NIKS weet van alles..liewe kader…Min van Sport ,Polisie en nou vervoer…!!!!

SjN ·

Wat soek die nar wat nooit verantwoordelik Vir niks aanvaar nie daar.

B-Man ·

So sy oplossing is om die skuld voor Tito se deur te gaan lê.

casper ·

Al die probleme in die wereld maar jy bly lekker in Kaapstad waar die DA alles onderhou ne !!!!!

Andries ·

Di Minister het vergeet hoe min van di tolgeld kom terug na SA vir ‘onderhoud van paaie’ en hoeveel word aan di firma oorsee betaal wat e-tol eintlik bedryf…
Dries

Hennie J ·

Hierdie assistent-nar sit self in die kabinet en nou blameer hy ander. In piesangland is dit mos praktyk dat die een wat waak oor die grootste tros die hardste skree en die minste doen.

Papsak ·

Ja nee kyk hulle het nie geld om die paaie in SA reg te maak nie maar ons het baie geld om uit gee na ander lande toe hoe versleg kan jy nou kry SA lyk pateies en gaan ten gronde onder hulle klomp dringend sal daar moet op getree word skrik wakker

Di ·

Betaal die skuld met die bijoene wat Rampie geleen het by die wereldbank! As hy 50miljoen sommer net so vir die ‘n ander land wil gee kan hy maar hierdie skuld ook daarmee betaal!

Swerwer ·

Geen nuwe nuus nie, almal weet dit alreeds. Solank die ANC aan bewind bly sal die finansiële koffers leeg bly en wan besteding seëvier.

Pietertjie ·

Soos oom Krokodil voorspel het : strife, faction fighting, and poverty…

Marius ·

Hoeveel keur wil jy nou he moet mens betaal om op EEN stuk pad te ry Mnr???
Hoeveel moet die bitter klein groepie in die land nou nog betaal vir al julle foute en korrupsie??
Ek vra maar net namens n vriend , maar so kan dit nie aangaan nie!!!!!!

Bella ·

Minister Mbalula weet nie waarvan hy praat nie. Die eintlike probleem is die korrupte ooreenkoms met die Europese agentskap wat die Etol hekke en kameras ens verskaf het. Daarvolgens gaan n baie hoë persentasie vd geld ge-in, die land uit. Ek praat onder korreksie, maar ek dink ten minste 90% vd geld gaan land uit. Die paaie gaan agteruit omdat die geld, benodig vir die paaie, aangewend word vir korrupsie, Sassa ens. Nie een van ons het ja gesê vir hierdie korrupte stelsel nie. Julle, die regering, moet begin Pa staan vir julle slegte besluite!

Charl ·

Dit is wat jy kry as jy iemand ver bo sy vermoë deur kaderontplooiing, in belangrike poste aanstel. Hulle enigste bydrae is om te prokastineer en die “blame game” te speel. Fikile het sover elke Dept. waar hy in beheer was, opgefoeter.

Skappie ·

Ek sien nou nog nie wat is die doel van die e-tol nie. Wat word van die geld wat mense betaal as hulle na ander provinsies beweeg, Soos bevoorbeeld as jy na Nelspuit toe gaan, moet jy deur 2 Tolhekke gaan. Wat word van daai geld?

Karpraat ·

Dis nie Tito se skuld nie (Ses)Fikile, dis die ANC wat die tolstelsel geskep het om geld te maak vir julle maatjies.

JohanR ·

Die ou is die HOOF van narre. Altyd iemand anders se skuld. Jy is rerig die eerste een wat moet @Voertsak!

Zombie ·

Sommige van die mensies is so ver agter, dat hulle dink hulle hardloop heel voor en alleen. Dit moet ń vreesjaende ervaring wees om nie werklik te weet wat in jou eie binneste sowel as jou omgewing aangaan nie.

Annelie ·

… hulle kan maak wat hulle wil. Ek sal nie betaal nie. So jammer om te hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.