E-tol ‘nie deel van Gauteng se toekoms’

Argieffoto van ‘n betoging teen die e-tolstelsel. (Foto: Maroela Media)

Die Gautengse premier sê die provinsie se standpunt oor die omstrede e-tol‑stelsel in die provinsie bly “onveranderd”.

“Ons is vasbeslote dat e-tol nie deel van die provinsie se toekoms is nie,” het David Makhura Maandag tydens sy provinsiale rede in Soweto gesê.

“Ons wag angstig op die nasionale regering se finalisering van maniere om die [e-tol-] skuld te delg. Ons is selfs bereid om as provinsiale regering by te dra om te verseker dat e-tol geskrap word. Daar is nou geen omdraaikans nie,” het Makhura gesê.

Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), sê die stelsel stort daagliks verder inmekaar en hoewel die premier al by verskeie geleenthede gesê het die stelsel moet geskrap word, is daar nog nie veel gedóén om dit te laat gebeur nie.

Die Gautengse premier, David Makhura. (Foto: Gertrude Makhafola/ANA)

“Die mag lê uiteindelik by die minister van vervoer (Fikile Mbalula) en die president (Cyril Ramaphosa). Húlle moet die finale besluit neem, hoewel die premier steeds baie druk op hulle kan plaas,” het Duvenage gesê.

Mbalula is Suid-Afrika se sewende vervoerminister die afgelope tien jaar, wat beteken daar is weinig bestendigheid in die departement, sê Duvenage.

Hy sê een manier is vir die Gautengse provinsiale regering om sélf op te hou om sy e-tol‑rekening te betaal. Die provinsie kan ook ʼn dispuut met die nasionale regering oor die stelsel verklaar.

Anders as in die Wes-Kaap, het die Gautengse provinsiale regering hom nie destyds, toe die stelsel geïmplementeer is, daarteen verset nie. Die Stad Kaapstad het in 2017 die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) konstitusionele hof toe gesleep om hom te keer om sekere hoofweë in die provinsie te tol. Sy aansoek is toegestaan.

In Maart vanjaar, kort voor die nasionale verkiesing, het Sanral boonop die proses om e-tol‑skuld in te vorder, vir eers opgeskort. Tóé het motoriste se skuld aan Sanral op nagenoeg R11 miljard gestaan.

Duvenage sê na raming betaal net sowat 20% van motoriste in dié stadium hulle e-tol‑rekeninge.

Hy sê daar is ander maniere, onder meer die brandstofheffing en belasting, om paaie te finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Adriaan Theron ·

Ek het ‘n plan om die bestaande strukture te benut vir ‘n heel ander rol wat vir Gauteng Miljoene Rande kan genereer. Dit is glad nie tol verwant nie.

Wielspore ·

Na my mening is tolgeld in SA buitensporig hoog en word die geld wat ingevorder word nie vir die instandhouding van paaie gebruik. Wie het al ooit enige verslag gesien van hoeveel tolgeld byvoorbeeld by Middelburg MPA tolhek ingevorder is en hoeveel van die geld is vir pad instandhouding gebruik.
Weg met e-Tol en enige nader vorm van tolgeld, die verbruiker betaal alreeds te veel belasting.

sweis ·

Great,nou nog net betoog teen diskriminerende wette teen witmense en as dit geskrap word kan ons vorentoe.

Anoniem ·

Hopelik verdwyn die tolhekke by die Stormvoe”l en Zambesi afritte ook soos mis voor die son…

Veronica ·

Ek sekondeer . . . hoekom is daar geen tolhekke wat na die Ooste van PTA toe gaan nie , en dis n gedeelte wat dit beslis kan bekostig , daars soveel invloedryke besighede in die Ooste. Waarom nie n tolhek by Garsfontein afrit oprig nie . . . en die aller bekende Atterburry !
Want . . . ?
Het ook verneem van n werknemer dat hulle wat in Hammanskraal woon n maand kaartjie kry om hul tolgelde te beperk anders as diegene wat by Stormvoel daagliks moet deurgaan kry geen korting nie!!!

Boertjie ·

Daai tolhek by Zambezi kos my en my vrou R44 per dag. Want albei van ons moet deur die hek ry om by die werk te kom. Dis belaglik! En daar is geen korting nie. Ek is seker Bakwena het hulle geld al dubbel en dwars terug gemaak met die tolhekke op die pad.

SjN ·

Volgens sy kleredrag het Makhuru verseker n side line job, hoop hy het dit verklaar.

Veronica ·

My vraag nou is : wat van ons gehoorsame mense wat uit ons karige salarisse dit nogsteeds elke maand getrou betaal het sedert 2013 . . . ?

Dieter ·

Laat dit vir jou ‘n les wees Veronica.
Om te alle tye 100% wetsgehoorsaam te wees, werk nou maar eenmaal nie in die lewe nie.
Nie met die ANC of enige ander regering nie.
Nie in SA of enige ander land nie.

Boertjie ·

@Dieter, omdat ek en my vrou maatskappymotors gebruik, is ons vriendelik verplig om die e-tol skyfie te gebruik en in stand te hou, anders is daar dissiplinêre stappe wat ter sprake kom. So vertel my nou hoe gemaak in dié omstandighede.

Heinrich ·

Daar is ‘n verskil tussen iemand wat ‘n maatskappy motor het en iemand wat vir die betaal in hulle private hoedanigheid. Maatskappy het nie regte ‘n keuse as om tolgeld te betaal nie maar jy as indivue wat net ‘n gewone kar het kan daai keuse by jouself maak

Dieter ·

Boertjie, nee ek het nie raad vir jou geval nie.
My kommentaar van burgelike ongehoorsaamheid is egter nie net op e-tol van toepassing nie. Dit verwys na baie ander aspekte van ‘n mens se lewe ook.
Wees te alle tye eerlik wanneer jy met jou medemens te doen het, maar wanneer jy met die regering te doene kry, gaan eerlikheid en gehoorsaamheid jou nie ver bring nie. Weereens, ongeag in watter land jy bly.

Bekommerd ·

Ek stem!
Veronica – daar was hoeveel maal pleidooie dat die publiek moet meedoen aan die boikot – dit is selfs ondersteun deur OUTA (wat onderneem het om ons by te staan sou daar regsimplikasies wees).

Maar nee – soos met alle vorme van protes, hou ons mos daarvan om eerder ons eie te boikot as om die stelsel se korrupsie te boikot.

Nee-wat – laat dis juis maar ‘n les wees vir ALMAL wat nie wou saamwerk nie.

chrisjan ·

Om van die E-Tol stelsel ontslae te raak moet net die begin wees van die aftakeling van ALLE tolhekke landwyd.Daar word meer as genoeg geld ingevorder deur die Brandstof Heffing en ALMAL (behalwe die buurlande!) betaal .

Anoniem ·

Slim plan. Dan sal daar nie aan die begin en einde van langnaweke en skoolvakansies so opeenhoping by die tolhekke wees nie.

J ·

Hoop Zambezi toll word ook geskraap asook die res waar jy fisies moet stop om te betaal.

Ja swaer ·

Stem saam met Veronica, hoekom word daar nie tolhekke op die N4 gesit by Rossouw str en Solomon Mahlangu nie? Die rykes v die ooste moet ook help betaal! Ja en Atterbury afrit en Garsfontein en Rigel.

François Joubert ·

E-tol, televisielisensies, DSTV en inkomste belasting moet ten alle koste vermy word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.