E-tol-paneel aangekondig

Argieffoto

Argieffoto

David Makhura, premier van Gauteng, het Donderdag aangekondig 15 mense gaan die sosio-ekonomiese impak van e-tol in Gauteng ondersoek.

Die paneel sal op 17 Julie vir die eerste keer vergader en die impak van die e-tolprojek op die ekonomie en Gauteng-inwoners ondersoek. Die paneel verwelkom ook voorstelle en aanbevelings van inwoners.

Die paneel sal sy bevinding en aanbeveling aan die provinsiale regering voorhou. “Die paneel sal maandelikse verslae indien en na verwagting teen 30 November 2014 ʼn finale verslag met aanbevelings voorlê,” het Makhura gesê.

Die lede van die paneel is voorsitter Muxe Nkondo, Patricia Hanekom, John Ngcebetsha, Vuyo Mahlathi, Luci Abrahams, Fiona Tregenna, Anna Mokgokong, John Sampson, Lauretta Teffo en Chris Malikane. Nog vyf lede se name sal later bekend gemaak word sodra hulle gekonsulteer is.

Makhura het verlede maand aangekondig dat die paneel saamgestel gaan word om die impak van e-tol te ondersoek. E-tol het in Desember in Gauteng in werking getree ondanks baie teenkanting. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

david ras ·

Klink vir my bra na e-tol se Waarheids en Versoeningskomissie. Diegene verantwoordelik vir die gemors gaan vrywaring kry, en alle motoriste wat weier om te betaal, sal moet kom bieg of vervolg word.

se-net ·

NOG geld wat gemors word!!!! En ALMAL weet etol sal NIE “weggaan” NIE. Inwoners het geen sê nie, want het al gesê hoe ons voel, maar hul steur hul nie aan ons nie!!!! Nou steur ons nie ons aan hulle nie!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.