E-tol: ‘Regering nie van plan om dit te skrap’

e-tol

Argieffoto

Dit is duidelik dat die regering glad nie van plan is om die omstrede e-tol-stelsel in Gauteng te skrap nie.

“ʼn Oplossing vir e-tol moet as ʼn saak van dringendheid gevind word,” het Fred Nel, die DA se woordvoerder vir paaie en vervoer in Gauteng, gesê.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het Donderdag aangekondig dat die spertyd om ʼn aankondiging oor die e-tol-stelsel te maak, aangeskuif is om belangegroepe meer tyd te gee om te beraadslaag.

“Mbalula het geen aanduiding gegee oor wanneer dit sal gebeur nie,” het Nel gesê.

David Makhura, premier van Gauteng, het tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie vroeër vandeesmaand in die wetgewer aangedui dat dit nie nodig is om ’n interregeringsgeskil te verklaar nie.

“Dit is duidelik dat die ANC-regering absoluut geen planne het om e-tol in Gauteng af te skaf nie. Die DA was nog altyd gekant teen die implementering van e-tol, aangesien dit ’n onbillike belastinglas op ons reeds oorbelaste inwoners is,” het Nel gesê.

Indien ’n klein persentasie van die brandstofheffing van die begin af vir die projek aangewend was, kon dit al afbetaal gewees het. “In plaas daarvan is die brandstofheffing gebruik vir reddingsboeie vir wanbestuurde ondernemings in staatsbesit.

“Indien die invorderingskontrak nie hernu was nie, sou dit Sanral meer as R600 miljoen per jaar kon bespaar, wat die e-tol-lenings kon afbetaal. Die DA sal voortgaan om druk op die regering te plaas om ʼn manier te vind om met die e-tol-stelsel weg te doen.”

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër ʼn taakspan bestaande uit Mbalula, Tito Mboweni, die minister van finansies, en David Makhura, Gautengse premier, aangestel om ʼn oplossing vir die krisis oor die e-tol-stelsel te vind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Chris Ws ·

Die regering maak ‘n minimum van R3 miljard PER MAAND net uit die brandstof belasting/heffing.Daar is MEER as genoge geld vir instandhouding op die e-tol paaie as ramaparra en sy trawante ophou om geld op nuttelose/onnodige staats instellings te mors.

Anton ·

Hier is ‘n maklike oplossing. Kry die wapenskandaal se miljarde terug en betaal die etoll projek eenmalig terug. Maklik

Kootjie ·

Dis verseker!!! Maar dan belas hulle net weer die WITTES! Want hulle het anders gese vir die swartes!! Vir hulle is dit FREE FOR ALL as jy die regte kleur is!!

humor ·

Ramaphosa het n taakspan afgevaardig en sommer ook gese wat hul bevinding moet wees. Hul sal klou soos neute want dit moet dien as reddingsboei om n bankrot geroofde land te red. En steeds moet die belastingbetaler opdok.

Stephanus ·

Daar is ‘n paar ANC kaders wat finansieël baat by e-tol en daarom word dit nie afgeskaf nie!

Jerry ·

Dit is wensdenkery om te dink dat die regering enige diensteverskaffingsprojekte wat geld inbring sal staak, inteendeel sal dit uitgebrei word, omrede die ANC regering n welsynstaat geskep het. Invordering van belasting en betaling vir dienste (of n gebrek daaraan) is die lewensaar van die ANC om staatskaping se onregmatige botallige kaderstrukture se status quo te handhaaf!

Arak ·

Ek dink die ware wensdenkery is van die regering se kant af, om te dink dat mense nou skielik gaan begin betaal.

sweis ·

Ons sal nie tol betaal nie so moenie dit skrap/of skrap dit nes julle wil.

Ma ·

Stem saam. As niemand betaal nie, sal dit afgestel moet word. Daar moet ‘n ander finansieirngsoplossing vir Staatsdepartemente gevind word. Brandstofheffings is vir die onderhoed van paaie en verwante aangeleenthede

Poena ·

Dieselfde geld natuurlik vir TV lisensies. Die SAUK kry binnekort weer ‘n hengse finansiële reddingsboei van die regering op die belastingbetalers se onkoste. My voorspelling is dat nóg minder mense as die huidige 27% van tv-eienaars wat wel nog lisensiegeld betaal, dit na die nuutste reddingsboei gaan doen. Ek weier definitief om voortaan enige verdere lisensiegeld in die bodemlose SAUK-put te gooi. As niemand meer tv-lisensiegeld betaal nie, sal dit ook afgestel moet word.

John ·

… en buitendien is die stelsels uiters ongesond. Verwagtende vroue en kinders behoort nie daaraan blootgestel te word nie… wat nog gereeld heen-en-weer onderdeur ry. Vergeet nie van die mense wat aangeslaan word weens vae nommerplaatfoto’s nie… wat die kans op hartaanvalle 100x verhoog.

Wat nou! ·

John,
Is daar feite wat bewys dat dit gevaarlik is vir kinders en swanger vroue. Ek is onder die indruk dat dit slegs kameras is, en nie x-stale nie. Help my asb reg. Indien jou stelling reg is dan is die regering verantwoordelik vir vir growwe nalatigheid.

Donald ·

Maak jakkals wolf om te besluit. Ons betaal vir Eskom, SAUK, Transnet en vele meer se onbevoegheid. Het my jare, ten spyte van apartheid “voordele” geneem om ‘n gemiddelde kar te ry – en ek doen goed. Daar was nooit Porches, Rolls Royes en Bugattis by die gholfbaan geparkeer nie. Deesdae is dit die norm. Sal nie betaal nie.

K P ·

Kaat mandela en sy kaders wat so graag die wêreld sokker in afrika wou hê betaal . Nie mense soos ek wat nie n duit omgee vir enige sokker. Maar daar was destyds kundiges wat gewaarsku het ons gaan vir baie jare betaal vir mandela en anc se uitspattigheid

JohanR ·

Die ANC soek en soek en soek, en kry niks. Kan iemand die ANC hulp ASSEBLIEF!!! Verbaas die lot kan hulle onderbroeke in die more vind.

Wielspore ·

Ek het gister ‘n etol rekening gekry van R1.44, ek bly in Nelspruit, die foto saam met die rekekening is wit en swart, dit is ook ‘n Polo op die foto. Hopenlik is die persoon nie ‘n frequent traveler in Gauteng.
Ek dink my kar se nommerplaat is gekloon!

humor ·

Dit is ook om dieselfde rede dat hul so sonder enige verantwoordelikheid en gesonde beredenering gedrewe is vir die NGV.

Johanna Botha ·

Gaan nogsteeds nie betaal nie …anc hoor nie , leer nie, sien nie ! Dis hoekom nienand hier bele nie !

B.B. ·

Ek voel dat ons genoeg belas word, betaal reeds n Lisensie vir my motor…ook nog n lisensie vir myself…Petrol ten duurste…Alles op my motor wat herstel moet word…betaal ek belasting op…..As daar nou werklik iets gevra moet word…Vra elke motor-ris wat die Tolpaaie gebruik om te registreer….en dan slegs R100 per maand…wat in n rekening inbetaal moet word…Dit moet ook begin word met n vasgestelde tydperk van 5 Jaar….
Ag…dalk is dit ook maar net wens denkery van my….!!!
Ek Wil graag hier vra……
Hoekom gooi geen Taxi hulle speelgoed uit hul Taxi’s as die Petrol opgaan nie……word hulle dan geheel en al finansier… met petrol koepons….Wie het n antwoord…?

Scalla ·

Die staatsdiens amptenare se pensioen is in die projek investeer, dit is hoekom hul so baklei om opbrengs te kry.

Magda ·

En EK is NIE van plan om dit te betaal nie – Julle kry genoeg belasting geld, gebruik dit.

Wonder maar net ·

Julle wat so skop teen die Etoll, wat sou julle gemaak het, as daar groot hekke op die N1 geplaas is? Dan sou jy nie ‘n keuse gehad het om te betaal nie. Nou word alles elektronies gedoen en nog betaal jul nie? Ek wonder die wat so aangaan of hulle darem hul munisipale rekenings en ander rekening betaal? Wonder maar net?

Ek betaal al van die begin af – ek ry bitter min op die N1, maar as ek wel daar ry is die pad in stand gehou, daar is 4 tot 5 bane !! Almal wil aan die speen suig!

Daan ·

Die ANC sal dit nie skraap nie want dit is nog n finansiele koei wat hulle kan melk vir partytjies en karre en hulle huise

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.