E-tol: Sanral dagvaar nou motoriste

Argieffoto

Argieffoto

Die Nasionale Padagentskap (Sanral) het aangekondig dat hy tans Gauteng-motoriste dagvaar wat nie hul e-tolskuld betaal nie.

Die agentskap het in ʼn verklaring gesê balju’s is opdrag gegee om oor die volgende paar dae die eerste klomp siviele dagvaardings aan mense in Gauteng uit te reik.

“Dit sluit ook groter eise aan meestal maatskappye in. Weens die groot bedrae wat in hierdie gevalle geskuld word, word dié dagvaardings deur die hooggeregshof hanteer,” het Alex van Niekerk, die projekbestuurder van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP), gesê.

Volgens Van Niekerk behoort die besluit om motoriste met uitstaande e-tolskuld te dagvaar geensins ’n skok te wees nie, aangesien die agentskap dit duidelik gemaak het dat daar ʼn skuldinvorderingsproses teen niebetalers ingestel sal word. “Sanral het ʼn verantwoordelikheid teenoor die land en duisende voertuig-eienaars wat wel hul e-tolrekeninge betaal om die uitstaande skuld van niebetalers in te vorder,” het hy gesê.

Hy het beklemtoon dat motoriste herhaaldelik daaraan herinner is om hul e-tolskuld te betaal, nie net deur die media nie maar ook deur SMSe, e-posse en telefoonoproepe. “Ons is verplig om op te tree. Die wêreldgraderingsagentskappe en beleggers kyk ook na Sanral en verwag van ons om te bewys dat ons toegewyd is aan finansiële verantwoordelikheid en hoë standaarde van korporatiewe bestuur.”

Van Niekerk het gesê ʼn siviele dagvaardiging moenie met strafregtelike vervolging verwar word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Frederik ·

Hahahahaha, hoe heerlik lag ek nou. Sanral =Staat, gaan nou probeer om almal siviel aan te kla wat weer ‘n berg geld sal verg om hierdie aksie te moet dryf. Hoe sal hulle jou skade wat jy op ‘n openbare pad veroorsaak het met jou motor se vier bande? Hahahaha, gaan hulle wetenskaplik kan bepaal hoeveel klippies, millimeter teer ensovoorts jou direkte skade teenoor die pad se oppervlak is, en dit terug kan werk na Rand en Sent. Of gaan hulle jou aanspreek oor dit wat jy hulle skuld as gevolg van hulle kilometer tarief. Dan word dit ‘n kriminele klag. Dan weer hoe onderskei die staat wie se bande nou eintlik die skade doen. Is dit die wat gratis mag…….. Aag nee tog…..

Cas ·

Hier kom n ding. Soek inkomste vir 2 nuwe vliegtuie. SARS jy moet dop hou

TM ·

Hulle het die publiek ge-ignoreer toe ons kla, want hulle het ons nooit in die gesig gekyk en vir die geld gevra nie. Nou gaan hulle ons in die gesig moet kyk om ons briefies te gee so nou gaan hulle sien en hoor hoe die mense werklik voel. Suid-Afrikaners is moeg gedreig en bedrieg.

Theo ·

Lig julle huishulp en familie lede by huis in om niks namens niemand te teken nie.

EMK ·

Ek sou wou hoor wat sê OUTA wat moet ons doen as ons sulke dagvaardigings kry!

ig ·

Hier kom lekker sports.Outa het mos gese hulle wag vir die eerste dagvaardiging om n toets saak van te maak.

Tiaan ·

n Baie interessante ding het met my gebeur. Ek ry die paaie en my dogter ry dit ook. Ons voertuie is onderskeidelik 11 maande die een en 8 maande die ander een. Nuwe voertuie. Ons ry gladnie dieselfde roetes nie. Ons het altyd ons rekening per pos ontvang. Nou lewer hulle dit by ons huis af. Altwee die voertuie se rekeninge is tot op die sent presies dieselfde
Miskien kan Sanral dit verduidelik.
Dit lyk net of daar n slang in die gras is. Een foto maar n helse rekening. Korrupte spul!!!!

Denise ·

Ag asseblief hulle moet eers hulle “inhouse” probleme regstel. My seun kry nou die dag ‘n e-tol staat wat sy registrasie nommer is maar dis ‘n BMW wat met hom rondry (en dan is die adres nie eers behoorlik korrek nie). Ons bly blykbaar in Kemtonpark en Alberton. Wat ‘n grap. Hulle gaan baie besig wees met al die vervalste nommer plate. Dit gesê: die balju gaan hulle tyd mors met onnodighede. MAAK JULLE SWAK PAAIE REG en Gillooly’s en die res van die snelwee is steeds ‘n groot gemors. Wat het beter geraak vir ons as motoriste. Die gras was julle elke 6 maande sny???? hahahahahaha

Tiger ·

My man se hy wag maar dat hulle sy rekening per hand hier op die plaas kom aflewer.Ons bly nie naby Gauteng nie en moes eenmaal daar ry om vir ‘n regs mediese ondersoek vir die Pad Ongelukke Fonds na ‘n spesialis gaan.Ons het niks met daai tolpaaie uit te waai nie en sal hulle nooit weer gebruik ook nie.Die POF sal maar die rekening moet dra.

Leoni ·

Jammer, maar die gowerment is koekoes. Plus hulle laat Zuma die land se etol skuld vereffening ( watse skuld, nog steeds sy gemors wat hy wil he ons moet skoon) betaal en dit beskou as n lenning wat hy van die werkende klas gesteel dit om daai dik huise te bou terwyl 60%.van die regering nie eers n regte dak oor hulle koppe het. Insluitende ons jong mense. Toe hy ons tax geld gebruik dit. Etol skryf daai geld op julle dik gevoerde pensies. Julle kan nie eers pa’ens reg dagvaar vir pap geld nie try en sien. All of us attended the college of Life. Seriously What ever etol…., Zuma moment hehehehe!!!

Grotman ·

E Tol moet gereed maak om vir die volgende 200 jaar permanent in die hoff te wees en dan hoop die ander uitstaande rek reeds tot teen wolke op. Sterkte kerels, julle gaan dit nodig he. This battle you cant win!

annette duvenhage ·

Het ons dalk gevra vir die ETol stelsel. Dit was net op die verbruiker afgewing en klaar.
Waar moet die mense die geld kry as hulle dit nie het nie. Ons staan nie almal met die bek in die krip soos sommiges nie. Lewenskostes het habduit geruk en mense kan net nie meer byhou nie.
Laat almal wat ‘n vinger in die pasei het gaan doppies blaas vir al wat ek omgee.

Eliza-beth ·

@Annette Duvenhage: Kyk ek het lekker gelag vir jou oulike uitdrukking “..ons staan nie almal met die bek in die krip nie..” – eerste keer wat ek dit hoor en ek dink dis puik! Ja ek weet nie waar gaan SANRAL die tyd en geld kry en ook tyd by die hooggeregshof om almal elke liewe mense let wel, te vervolg nie! Hulle kan ,aar vergeet, dit gaan hul meer kos as om net alles af te skryf

CHRISTA ·

Jarre terug was ‘n deel van die petrolprys gebruik vir die onderhoud van ons land se paaie. WAT word NOU van daarmee gemaak?

Arlene ·

Ag hoe bewe ons nou! Die dag wat die korrupte ministerie begin om al die gesteelde geld wat hulle uit die staatskoffers gaps, terugbetaal, dan sal ek daaraan dink om scamral R10 per maand te offer. Tot dan kan geen instansiee in SA iets aan enigiemand doen wat nie e-tol betaal nie omdat die hele proses onwettig en ongrondwetlik is. Net ‘n flou bangmaak poginkie aan die kant van scamral en sy maaitjies! KMA!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.