E-tol: Só wil hulle jou dwing om te betaal

Argieffoto

Argieffoto

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Woensdag bekend gemaak dat uitstaande e-tolfooie aan die hernuwing van motorlisensies gekoppel gaan word.

Ramaphosa het gesê motoriste sal alle uitstaande e-tolfooie moet betaal voordat motorlisensieskyfies uitgereik sal word. “Dit sal die proses verder vereenvoudig en beter integrasie van padbestuurstelsels verseker.”

Ramaphosa het verder ʼn afslag van 60% op alle uitstaande e-tolfooie aangekondig. “Gebruikers sal ses maande kry om hul skuld te delg teruggedateer na Desember 2013 met die afslagprys. Dit benadeel nie gebruikers wat al van die begin af e-tol betaal nie.”

Daar is ook aangekondig dat tariewe in die meeste kategorieë met tot die helfte verminder sal word. “Die standaardtarief van 58c/km vir ligte motors sal tot 30c/km verminder word,” het Ramaphosa gesê.

Die nuwe tariewe lyk só:

Motorfietse: 18c/km
Ligte motors: 30c/km
Medium swaarvoertuie: 75c/km
Groot swaarvoertuie: R1,50/km

Openbare vervoer bly steeds vrygestel van e-tol. Die maandelikse limiet vir motoriste is ook drasties verlaag. Die nuwe maandelikse limiete vir motoriste met of sonder e-tolskyfies is:

Motorfietse: R125 (was R250)
Ligte motors: R225 (was R450)
Medium swaarvoertuie: R875 (was R1 750)
Groot swaarvoertuie: R2 900 (was R3 500).

Ramaphosa het egter benadruk dat die afslag nie geldig is vir diegene wat nie binne 30 dae hul rekeninge betaal nie. Hy het gesê die nuwe tariefstruktuur sal tot ʼn finansieringstekort lei vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) om die koste van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) te dek. Die tekort sal deur die nasionale- en Gautengse regerings betaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Dave ·

Is daar in alle gevalle alternatiewe roetes (met ‘n sigbare teken langs die pad wat dit aandui)?

Henri ·

Nou gaan daar eers baie ongelisensieerde voertuie op die pad wees.

KarooKlong ·

Ok en vra net vir die slim meneer wat van die verskeie e-tol aanmanings wat na my toe kom in die Oos Kaap wat 1200km weg is en nog nooit daar gery het nie. Een of ander pikkewyn ry met ‘n vervalste nommer in JHB rond of dalk is dit net die “foutlose sisteem” wat my gedupliseer het.
Nodeloos om te meld, om telefonies ‘n regstelling te probeer bewerkstellig is ‘n nagmerie op haar eie. Ek moet my onskuld in persoon gaan bewys in JHB. Of maar net betaal…… HuH?

Willem ·

Dis volgens my teen die wet om jou lisensie terug te hou vir enige ander rede as dat jou voertuig onpadwaardig is of die skyfie is nie betaal nie.

Capie ·

Ek is seker dit is onwettig. Kan Afriforum vir ons vasstel?

Janine du Plessis ·

Watter deel van die volgende sin verstaan die CancerER nie? “Ek kan nie betaal nie, want ek het nie genoeg geld om van te leef nie.” Is dit nie waar van baie S. Afrikaners nie? Alles gaan met ‘n hengse spoed op, behalwe ons inkomste. In my geval ‘n pensioen!

Attie ·

Dit is uitstekende nuus! Nou kan ons weier om daardie versteekte belasting ook te betaal.

Albert ·

E-tol is baie erger as die gehate “dompas”-stelsel. Destyds: as jy nie hier woon nie, moet jy padgee. Nou: As jy nie geld het nie, moet jy nie die pad gebruik nie!

HERMAN COMBRINCK ·

Gaan hulle nou iemand aanstel wat weet wat hulle moet doen .
ek kry n rekening met fotos vir R32 . Ek e pos sanral en vra dat hulle my ander uitstaande rekening en fotos stuur sodat ek dit ten volle kan betaal . Volgens my berekening beloop alles saam +- R65 . Hulle stuur vir my n rekening van R248 sonder fotos . Ek vra weer vir die korekte bedrag met foto . Sanral stuur vir my n rekening sonder fotos vir R496 .
Ek is te bang om hulle weer te kontak , hulle verdubbel elke keer as ek n e pos stuur .

Kyk na die bankiere agter die tolhekke ·

Die Suid-Afrikaanse publiek moet ‘n bietjie aandag vestig op die Sentrale Banke wat agter die etol stelsel en belasting sit. Voor 1913 was daar geen belastingstelsel in die VSA nie. Die Amerikaanse Federal Reserve Bank (Privaat Bank) is saam met die belastingdiens geskep tydens ‘n bedrieglike en korrupte proses. Die Suid-Afrikaanse Rewerwebank vorm deel van hierdie bank kartel.

Die hele etol stelsel is ‘n bedrogspul en die kommuniste gebruik nou allerhande manierie om alle Suid-Afrikaners uit te buit. Die ANC is net ‘n front organisasie vir die Internasionale Sentrale Banke, maar die publiek het dit nog nie uitgwerk nie. Die banke sit agter kommunisme (superkapitalisme). Die ANC se rol veroorsaak dat die publiek hulle aandag vestig op die ANC se drakoniese wette, misdaad, beurtkrag en wanadministrasie, sodat die aandag weg van die banke geneem kan word. Intussen steel die banke al die land se bates en onderdruk die bevolking.

Sollie ·

Daar was ‘n ruk terug ‘n epos met ‘n foto van iemand wat se regsitrasienommer op sy kar lees “Foke-tol”. Dis hoe ek voel. Dis absolute diefstal en niks anders nie. Skelms!! Ek hoop die VFplus doen iets???

Peet Schabort ·

Die niebetaling is dus nou ‘n misdaad. Sterkte met die tolhekke. Dis vir my ‘n stokperdjie en ‘n uitdaging om die goed MIS te ry.
Kan Ramaphosa sommer ook sê waar voertuie se lisensiegeld heen verdwyn?

Piet ·

Die kommissie het seker ‘n baie groot koppyn gehad nadat hulle eensellige breine met hierdie voorstelle voor die dag gekom het. Ek sal seker moet betaal sodra ek ‘n rekening kry. Maar indien ek na ‘n jaar agterkom dat ek deur minder as 30 tolhekke gery het, gaan ek my geld terugkry ? En nou swaar afleweringsvoertuie ook minder hoef te betaal sal al die winkels seker toustaan om hulle pryse te verminder. En hoeveel van die geld wat aan die lisensiekantore
betaal moet word gaan by Scamral uitkom ? Nee, ek sal maar by my standpunt bly : Geen e-tol. Dit het in elk geval nog niks gedoen aan ‘n beter vloei van die verkeer nie, soos hart en mond belowe.

Danie ·

Ja kom ons betaal niks meer nerens nie, dan kan niemand die geld steel en misbruik nie.dan kan ons weer soos ons voorvaders onder die bome sit en rus. Lekker man lekker.

H C ·

Moes rekeninge met geregistreerde pos gestuur geword het of gestuur word? Die posstelsel was uiters onbetroubaar. Wat gaan gedoen word met al die verkeerde rekeningstate wat uitgestuur is? Is state wat tarriewe aandui wat nie ooreenkomstig die hoofwegkennisgewingborde gehef is nie, wettig? Afriforum help asb want hier is dalk heelparty ernstige foute wat nie deur die nuwe stelsel aangespreek is nie. Dit sal beter wees om na nog konsultasie ‘n nuwe stelsel te beding en in werking te stel met ‘n skoon begin.

Afrika maak my gek ! ·

Ek dink die opskrif is verkeerd . Dit moet lees: “Fondsinsameling vir Nkandla numba two”.

Louis ·

As die maandelikse limiet R450 was hoe kan n persoon sit met n rekening van R26000 volgens hulle. Desember 2013 tot nou is net so 18 maande. R450 ×18=R8100. Hoe dan nou???????

Poppie ·

Ja dit klink heel eenvoudig reg so. Maar wat gebeur is dat die R450 n maand sluit net die “Gantries” waaronder jy deurgaan bv op die snelweg, R21, N1. Wat van die tolhekke “e-tags” waardeur ons gaan. Hulle is slim. Versteekte kostes!

Manie ·

Gaan die afslag nou terug gegee word aan diegene wat alreeds brtaal het.
Wat is nou Demokrasie as n regering jou dwing om te maak soos hulle sê! Jy het geen beheer meer oor jou eie besluite nie Alles is nou voorskriftelik en as jy nie maak soos hulle sê nie word jou reg tot self beskikking en Demokradie jou ontneem
dit is suiwer Kommunisme t

Frik Lotz ·

Dis niks anders as afpersing nie en is absurd. ANC is besig met politieke speletjies om stemme te kry vir 2016.

George ·

Die sirkus word net groter. Dit is seker geregverdig om geld in te samel vir groter tente en meer narre.

Annemarie ·

ZUMA MOET EERS NKANDLA BETAAL!!!! Zuma het nie vir ‘n huis gevra nie en betaal dit dus nie. En ons het definitief nie vir e-tolls gevra nie. Ek doen ‘n beroep op almal wat hier lees om nie te betaal nie. Dis veral in die meeste afrikaners se aard om wette te gehoorsaam en reels na te kom…. asb mense nie met e-tol nie!!

Conrad ·

Annemarie, jy moet president word. Ek stem 100% saam. As Zumpie betaal, sal ons betaal. Great man!

CJ ·

Hoekom staan julle stads bewoners, almal nie betjie saam en hou op om die etol paaie te gebruik. As al daai duisende voertuie en vragmotors deur die verby paaie ry, kan jy dink watse gemors dit gaan afgee… kan jy dink wat dit aan die ekonomie gaan doen na ‘n paar dae!”

Pieter Reyneke ·

Die ANC regering wil net eers die mense kry om te betaal, dan verhoog hulle die tariewe. Ek stem saam met Vavi dat die besluit om motorlisensie-hernuwings te koppel aan jou betaling van eToll behoort in die hof beveg te word. Ek is van mening dat die koppeloing van eToll en motorlisensies onwettig is.

Alternatiewe Roetes ·

In Apartheid Suid-Afrika was daar vir elke tolpad ‘n Alternatiewe Roete met duidelike borde. Die nuwe tolhekke word op plekke opgerig waar jy nie alternatiewe roetes kan gebruik nie, of waar ‘n alternatiewe roete baie ver is.

Die ANC regering beskuldig Apartheid van alles waaraan hulle self skuldig is.

Berhalet Beukes ·

Net nog ‘n manier om bloed uit ‘n klip te tap en die wanbalans van betalers en nié betalers te vergroot! Laat die taxis ook betaal! Laat die stakende tantrum gooiers ook uithaal en bydra tot die ekonomie!

Danél ·

Dit is ñ felt dat Hierdie incompetent palukas nie die land kan bestuur nie. Mens betaal meer vir krag maar het minder daarvan. Dan die Tol paaie en verhoogde pryse. Mense moet regtig begin saamstaan en net sê genoeg is genoeg. Ons voet neersit en sê NEE NEE NEE!!!!!!!!!

Ian ·

Kan almal bietjie saamstaan en Junie maand gebruik om nie tolpaaie te ry nie,gebruik die alternatiewe roetes en sorg maar dat jy bietjie vroeër werktoe,staam saam vir Junie geen e-tol.

Ian ·

Kan almal bietjie saamstaan en Junie maand gebruik om nie tolpaaie te ry nie,gebruik die alternatiewe roetes en sorg maar dat jy bietjie vroeër werktoe,staam saam vir Junie geen e-tol.

Rynhardt ·

Cyril Ramaphosa is gou om sy mond te rek oor e-tolfooie wat betaal moet word, maar hy staan $700miljoen sterk! Hy moet n bietjie vir die massas se waar kom hy aan al daai geld! Wereldwyd word tolhekke meesterlik bemark deur die wereldleiers en die nuwe wereldorde wat agter hulle staan.In Gauteng is daar alleenlik 50% dollar-miljoeners wat almal swart is.Die Anc-regering beskerm hulle terwyl jy as persoon met mening gemelk word! Plaaslik en wereldwyd is tolhekke n grootskaalse bedrog, terwyl die publiek met mening gespeel word.

Helena keppler ·

Ek het Julie 2014 van Piet Retief na Krugersdorp en terug gery, nou nog nie n staat gekry nie, darrdie tyd was motor nog op my oorlede dogter se naam, ek het motor op my naam geplaas November maar pos en straat adres het dieselfde gebly. Nou wonder ek net waar die staat is want ek het definitief die e – toll gery.

magriet ·

Net ‘n dom vraag. is die staat verantwoordelik om aan my ‘n alternatiewe roete/pad te voorsien sou ek kies om die ‘n pad te gebruik waar daar tol op gevra word nie?

Conrad ·

Ek kan nie onthou wanneer laas ek n rekening gekry het nie. Is dit Sanral of die poskantoor? Poskantoor dienste is ook lank nie meer wat dit was nie, al spog hulle so met hulle advertensie dat alles weer terug is na normal. Ek gaan my posbus opgee aan die einde van die jaar, wil net die jaar se geld darem prober verhaal vir wat dit werd is.

MICHAEL ·

sover ek weet is die lesensies gekoppel aan aarto . van wanneer is e-toll gekoppel daaraan .
ek wil ook net se ek kry foto van e-toll van bakkie met my motorfiets regestrasie hoe nou gemaak . Waar is die manne wat indie begin vir ons geveg het nou .

Harry ·

Twee komentare hierbo is korrek. Jou voertuig se lisensie mag nie terug gehou word vir uitstaande gelde nie. Met die instelling van AARTO het hulle dit ook prober en as ek dit nie mis het nie was daar ‘n uitgewysde hofsaak wat bepaal het dat die wet kan nie/mag nie die een afdwing deur ‘n ander nie. Dit was die storie met die uitstaande verkeers oorterding gelde. Die wet bepaal jy moet ‘n lisensie skyfie he, maar jy kan nie kry nie want skuld geld op ‘n ander wet. Ek sal my lisensie betaal en ry sonder om etol te betaal. As my skyfie nie vir my gegee word nie, sal ek graag die regulasies (onthou dis nie wet nie, en die wet staan striker in die hof) in die hof wil toets. Ek is 100% seker ek sal wen!

Harry ·

Skuus sterker nie striker nie, en volgens my nog nie wet nie.

Christoffel ·

Julle moet op hou om die huidige regering te blameer vir die gemors ,blameer vir fw de klerk en sy regering wat die land weg gegee het.

Nella ·

Ek wil net graag weet hoekom taxi’s en busse nie hoef te betaal nie!!! Hulle is die mense wat die tolpaaie die meeste gebruik. Hulle vervoer ook mense na en terug van hul werksplekke, net soos ek en jy na ons werksplekke moet ry en moet betaal. Die taxi’s betaal nie maandeliks belasting op hul inkomste nie, ek en jy moet, al sy geld gaan in sy sak, maar dan word hulle nog kwyt geskel van e.tol ook, wat wil hulle nie nog alles vir hulle op skinkborde gee nie!!!! Maar hulle is bang want die taxi’s, dreig netdathulle die tolhekke gaan afbreek, so nee wat dan hoef nie te betaal nie, maar ek en jy moet!!! SO NEE WAT DAN BETAAL NIEMAND VAN ONS NIE. WAT GOED IS VIR DIE EEN IS GOED VIR DIE ANDER!!!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek stem saammet Peet Scabort dat daar aan ons verduidelik moet word wat van ons lisensiegelde word want dit is veronderstel om gespandeer te word op ons paaie. Ons paaie verval en in die Vrystaat is sekere paaie al n ” no go “. Word dit vir ander doeleindes aangewend, word dit gesteel of koop hulle Kentucky en kruideniersware daarvoor. Die e-tol stelsel is net nog n manier om die vuisvoos publiek te beroof.

I refuse to pay Etoll. ·

This is really an outrage. I for one rfuse to pay Etoll.

PIETIE ·

SWARTES SALNOOIT STAAK OMREDE BRANDSTOF PRYS HOOG IS NIE, WANT HUL KAN DIE KOSTES TERUG EIS, HUL SAL MET BUSSE VERNIET DEUR ETOL GAAN SODOENDE GEEN OPTOGTE NIE. ONS BLANKES IS TE GOED OPGEVOED, ONS AANVAAR EN BLY MAAR NET STIL, TOI TOI NIE, PLUNDER NIE. EWE ORDENTLIK KYK ONS TOE. TOT EENDAG……..

pop ·

FW se verweer hoekom hy die ANC moes wettig destyds was dat ons afgesonder is van die res van die wereld deur sanksies ens. Nerens in die wereld kon een land nog regkry wat die apartheid regering kon regkry nie, groeikrag in die ekonomie van 6% en meer jaarliks. En almal(ander rasse ook) was veilig. Inteendeel dit was heel lekker vir hulle, want die tuislande is voor gesorg deur ons. Al wat fout was, was die borde wat rassisties was, en uitsluiting met stemreg en menswaardigheid. Nou vlam die haat daagliks erger aan alle fronte, en stuur ons af op n apsolute ramp. Dis die een rampspoedige plan op die ander, waarvan niks wettig is of werk nie.

Mads ·

Ek wonder maar net waar die “Personal Information Protection Act” in die hele prentjie inpas, ek het nie vir e-toll geregistreer nie maar tog het hulle al my inligting, sover ek weet het ek nog nooit vir die verkeersdept of enige ander instansie enige skriftelike toestemming gegee om my inligting vir e-Toll te gee nie. e-toll is n privaatmaatskaapy nie waar nie?? …….. wonder maar net!!!!……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.