
Argieffoto
Ramaphosa het gesê motoriste sal alle uitstaande e-tolfooie moet betaal voordat motorlisensieskyfies uitgereik sal word. “Dit sal die proses verder vereenvoudig en beter integrasie van padbestuurstelsels verseker.”
Ramaphosa het verder ʼn afslag van 60% op alle uitstaande e-tolfooie aangekondig. “Gebruikers sal ses maande kry om hul skuld te delg teruggedateer na Desember 2013 met die afslagprys. Dit benadeel nie gebruikers wat al van die begin af e-tol betaal nie.”
Daar is ook aangekondig dat tariewe in die meeste kategorieë met tot die helfte verminder sal word. “Die standaardtarief van 58c/km vir ligte motors sal tot 30c/km verminder word,” het Ramaphosa gesê.
Die nuwe tariewe lyk só:
Motorfietse: 18c/km
Ligte motors: 30c/km
Medium swaarvoertuie: 75c/km
Groot swaarvoertuie: R1,50/km
Openbare vervoer bly steeds vrygestel van e-tol. Die maandelikse limiet vir motoriste is ook drasties verlaag. Die nuwe maandelikse limiete vir motoriste met of sonder e-tolskyfies is:
Motorfietse: R125 (was R250)
Ligte motors: R225 (was R450)
Medium swaarvoertuie: R875 (was R1 750)
Groot swaarvoertuie: R2 900 (was R3 500).
Ramaphosa het egter benadruk dat die afslag nie geldig is vir diegene wat nie binne 30 dae hul rekeninge betaal nie. Hy het gesê die nuwe tariefstruktuur sal tot ʼn finansieringstekort lei vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) om die koste van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) te dek. Die tekort sal deur die nasionale- en Gautengse regerings betaal word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
50 Kommentare
Is daar in alle gevalle alternatiewe roetes (met ‘n sigbare teken langs die pad wat dit aandui)?
Dit is afpersing in sy ergste graad.
Kom EFF brand die tolhekke af soos jul beloof het.
Nou gaan daar eers baie ongelisensieerde voertuie op die pad wees.
Ok en vra net vir die slim meneer wat van die verskeie e-tol aanmanings wat na my toe kom in die Oos Kaap wat 1200km weg is en nog nooit daar gery het nie. Een of ander pikkewyn ry met ‘n vervalste nommer in JHB rond of dalk is dit net die “foutlose sisteem” wat my gedupliseer het.
Nodeloos om te meld, om telefonies ‘n regstelling te probeer bewerkstellig is ‘n nagmerie op haar eie. Ek moet my onskuld in persoon gaan bewys in JHB. Of maar net betaal…… HuH?