Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, het Maandag gesê dat hulle volgens hul aandeelhouers se direktief optree.
“Die minister verteenwoordig die aandeelhouer – die regering. Om die rede tree Sanral op volgens wat die minister in die verband gesê het.”
Tiyani Rikhotso, woordvoerder van die departement van vervoer, het verlede week gesê dat die minister in gesprek was met Sanral.
“Sy glo dat daar steeds ‘n aantal uitstaande kwessies is wat eers opgelos moet word, veral die kwessies wat motoriste raak, soos onakkurate fakture.”
Rikhotso het gesê die departement glo daar moet na dié kwessies gekyk word, sodat mense nie onnodig gestraf word nie en om te verseker dat die land die nodige infrastruktuur het vir ekonomiese groei.
Rikhotso het gesê dit is baie belangrik dat daar soveel as moontlik mense voldoen aan die stelsel. Hy het gesê die departement sê doel is om die verbruiker se las te verminder.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het ook verlede week aangekondig dat hy twee senior advokate aangestel het wat saam met Sanral sal werk om ʼn oplossing te vind vir die wanbetaling van e-tolrekeninge.
“Die twee aanklaers sal saam met Sanral werk om te bepaal of die optrede van sekere motoriste as ʼn misdryf beskou kan word kragtens die Sanral-wet,” het Nathi Mncube, ʼn woordvoerder van die NVG, gesê.
Mncube het gesê kragtens artikel 27(5) (a) van die wet is dit ʼn misdryf om te weier of om te versuim om die bedrag verskuldig te betaal.
Haha, sit agteroor en kyk hoe hierdie stelsel inmekaar val!
Doen jou deel – moenie ‘n e-tag kry nie.
Ek stem saam Eugene ek doen my deel hahaha :-)
N hele paar kwessies moet hier uitsorteer word! Niemand het gevra vir E-Toll nie….. Volgens wet mag GEEN krediet aan n persoon toegestaan word as so n persoon NIE kwalifiseer volgens die kredietwet criteria nie. Nou GEE SANRAL jou krediet – as n persoon NIE kan betaal NIE? Gaan hul jou die pad belet??? Wat nou nogal jou dagvaar ook!! Ai tog. :)
Baie jare gelede was daar gesê dat slegs nuwe paaie getol gaan word. Die oues sal as alternatiewe roetes in stand gehou word. Het ek verkeerd onthou of het die reëls verander?