E-tolpaneel binnekort aangewys

Argieffoto

Argieffoto

Lede van ʼn paneel wat die impak van e-tol in Gauteng gaan ondersoek, sal Donderdag aangewys word.

David Makhura, premier van Gauteng, het op 27 Junie tydens sy provinsiale rede gesê die projek gaan hersien word. “Ons sal ʼn paneel saamstel om die impak van e-tol te ondersoek en nuwe voorstelle verwelkom om ʼn volhoubare oplossing te vind,” het hy gesê. Hy het gesê die finansiering van padinfrastruktuur moet bespreek word.

E-tol is in Desember in Gauteng in werking gestel ondanks verskeie pogings om die projek te stuit. -SAPA

Lees ook:
Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugene Steyn ·

Hulle hoef glad nie nog tyd en geld op die ‘paneel’ te mors nie. Dit is voor die handliggend dat die e-tol stelsel uiters ongewild is, nie ekonomies vatbaar is nie, en totaal onprakties is (soos wat al die kundiges gewaarsku het voor die tyd!).

Skrap die e-tol stelsel, en gebruik die huidige ruim belastingheffing in die brandstofprys effektief – dit sal dan ook nie nodig wees om ‘n paar sent by die belastingheffing te voeg nie.

se-net ·

Nog “werkskepping”, nog geldmors. Almal weet dit werk nie!!!!!

Theresa ·

Hierdie sal ek graag wil sien…………….. En so rol die geld !!

pop ·

Moenie simpel wees nie, die studie gaan wys dit werk soos n bom, en daar moet nou in elke provinsie van die goed gebou word. Lag myself klaar!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.