E-tolverslag word Sondag verwag

Argieffoto

Argieffoto

David Makhura, premier van Gauteng, sal na verwagting op 30 November ʼn verslag van die e-tolhersieningspaneel ontvang.

“Die media word genooi om die geleentheid in Parktown, Johannesburg, by te woon,” het Mohlalefi Lebotha, woordvoerder van die provinsiale departement, Donderdag gesê. Hy het gesê die provinsiale regering waardeer die werk van die paneel.

“Ons is verheug dat die verslag binne die beplande tydraamwerk oorhandig sal word.”

Makhura het die hersieningspaneel saamgeroep om die ekonomiese en maatskaplike impak van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek en die e-tolstelsel wat dit moet finansier, te ondersoek. Die paneel het verskeie insette van die publiek, verskeie nie-regeringsorganisasies en politieke partye ontvang.

Die e-tolstelsel word hoofsaaklik verwerp en talle persone versoek dat dit geskrap sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ah nee ·

Die uitslag is klaar gedoen, voor die kommissie klaar was! Hul mors net geld met die “paneel” storie!!!

Elizabeth ·

Ah nee: hoe’s jou hart dan? Dis mos SA die! Ons neem NOOIT net ‘n besluit nie, ons hou eers bosberade of stel ‘n paneel “kundiges” aan of hou konferensies! Daar is mos baie geld, ons moet dit spandeer en as dit op is.. wel dan moet die Reserwebank net nog druk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.