Ebola-uitbreking in Guinee as ‘epidemie’ beskryf

Ebola-virus (Foto: CDC/Dr. Frederick A. Murphy via Wikimedia Commons)

Die hoof van Guinee se gesondheidagentskap het Sondag gesê die land is in die middel van ʼn “epidemiese situasie” ná sewe gevalle van ebola, insluitend drie sterftes, in dié Wes-Afrikaland bevestig is.

“Die Conakry-laboratorium het vroeg vanoggend die teenwoordigheid van die ebolavirus bevestig,” het Sakoba Keita gesê ná ʼn noodvergadering in die hoofstad.

Remy Lamah, minister van gesondheid, het vroeër na vier sterftes verwys. Dit is nie dadelik duidelik waarom die dodetal verminder is nie.

Die gevalle is die eerste oplewing van die virus in Wes-Afrika sedert ʼn epidemie tussen 2013 en 2016 wat in Guinee begin het en uiteindelik tot 11 300 sterftes in die streek gelei het.

ʼn Verteenwoordiger van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê hy sal vinnig ondersteuning stuur.

Keita, hoof van die nasionale agentskap vir gesondheidsekuriteit, het gesê een persoon is laat in Januarie in Gouecke, naby die Liberiese grens oorlede. Die begrafnis het op 1 Februarie in Gouecke plaasgevind en “sommige persone wat by die begrafnis was, het ʼn paar dae later simptome soos diarree, vomering, bloeding en koors gehad”.

Die eerste monsters wat deur ʼn laboratorium getoets is wat deur die Europese Unie in Gueckedou in dieselfde streek opgerig is, het Vrydag die teenwoordigheid van die ebolavirus in sommige van die persone onthul.

Hy het gesê met sewe gevalle en drie sterftes is Guinee “nou in ʼn ebola-epidemie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ou bees ·

En hier het ek nou net begin glo ons het net een groot bedreiging in die wêreld

katerinadiekat ·

Covid is darem baie minder dodelik as Ebola. As jy Covid kry het jy n goeie kans op oorlewing. If you get Ebola your goose is cooked, pretty much.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.