‘Ecoliweni’ se strande steeds nie veilig nie

Durbanse strand. (Foto: Wikipedia)

Die DA in eThekwini het Dinsdag sy kommer oor Mxolisi Kaunda, die plaaslike burgemeester, se onverantwoordelike uitlatings – wat beweer dat die strande in Durban veilig is – uitgespreek.

Steve Bhengu, provinsiale woordvoerder van die DA, sê Kaunda se versekering oor die veiligheid van strande is ontstellend omdat weeklikse toetsresultate beduidende besoedeling op talle strande in die omgewing onthul.

“Terwyl die stad die feestyd betree en skole hierdie week sluit, kan die verhoogde risiko om onwetend in besmette water te swem nie geïgnoreer word nie.

“Strandbesoekers moet besef dat strandkwaliteitresultate nie tydig verskaf word nie. Bewustheid van hierdie deurslaggewende feit is noodsaaklik, en individue moet aandag gee aan die datums wat met ‘veilige uitsprake’ geassosieer word.

(Argieffoto: Liesel Muhl/pixabay)

“Die eerste datum dui aan wanneer die monster van die betrokke strand geneem is, terwyl die tweede datum aandui wanneer resultate in die openbaar bekend gemaak word. Tipies word resultate ʼn week ná die werklike monsterversameling gepubliseer,” sê Benghu.

eThekwini – wat informeel Ecoliweni gedoop is – het nog nie herstel van deurdringende rioolbesoedeling wat riviere, strome en die oseaan raak nie.

“Selfs as individue hulself daarvan weerhou om die water binne te gaan, is dit van kardinale belang om daarop te let dat E. coli vir dae in die sand kan bly.”

Hy sê die ANC-EFF-geleide eThekwini-munisipaliteit het minimale pogings aangewend om aandag te gee aan rioolstortings, wat rampspoedige gevolge vir Durban se sakeondernemings, gasvryheidsbedryf, handelbedryf, toerisme en inwoners inhou.

“Inspeksies langs die metro se kuslyn van 100 km bied ʼn skrille kontras met die verhaal wat die burgemeester probeer vertel. Vervalle lewensredderstasies en ablusiegeriewe wat jare lank sonder toesig gelaat is, is ʼn bewys van die verskil tussen die prentjie wat die burgemeester wil uitbeeld en die werklikheid.

“Boonop is Kaunda se gebrek aan optrede rakende ongekontroleerde rommelstrooiing en openbare drinkery net so ontstellend,” sê Bhengu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andre ·

…die mayor dink net aan die sjielings, nie aan die publiek se welsyn nie!
Moet nou die man verwar nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.