Edcon doen aansoek om sakeredding

Edcon Holdings het aangekondig dat hy binne die volgende paar dae aansoek om sakeredding gaan doen. Edcon is die eienaar van bekende winkels soos Edgars, CNA en Jet.

Edcon Holdings het Woensdag in ʼn verklaring gesê die maatskappy is reeds R2 miljard aan verkope kwyt sedert die uitbreek van die nuwe koronavirus in Suid-Afrika. Dit het daartoe gelei dat die maatskappy nie sy verskaffers vir Maart of April kon betaal nie.

Luidens die verklaring sal Edcon vir hulp by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) moet aanklop om sy werknemers se salarisse vandeesmaand te betaal.

Volgens die bestuur is ʼn bedrag van R2,7 miljard wat aan Edcon verskaf is tydens die maatskappy se laaste herstrukturering, wesenlik benut om die verliese vir die finansiële jare wat eindig op Maart 2019 en Maart 2020, te dek soos beplan. Luidens die verklaring was Edcon dus op koers met sy sakeplan tot einde Desember verlede jaar.

“Die R2 miljard se verkope wat verloor is tydens die Covid-19-krisistydperk het die maatskappy se oorblywende kontant uitgeput,” lui die verklaring.

Maroela Media het vroeër berig Grant Pattison, uitvoerende hoof van Edcon Holdings, het verlede maand in ’n onderhoud met eNCA gesê Edcon se 1 000 klerewinkels moes noodgedwonge toemaak weens die afsonderingstydperk.

Daar is toe voorspel dat die afsonderingstydperk die maatskappy R800 miljoen aan verkope sou kos. Pattison het ook onthul dat die maatskappy se Maart-omset R400 miljoen laer was as voorspel. Edcon Holdings is boonop 45% van sy inkomste in die twee weke voor die afsondering kwyt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

MJ ·

Die afsondering tydperk kan nie alleen die skuld kry nie. Hul was voor dit in die moeilikheid en dan sou al die klere winkels in dieselfde bootjie gewees het.

charmaine ·

Regtig? Dink julle nou julle is SAA? Julle te maklik aan die mense kaarte gegee om op rekening te koop en nou kan hulle dit nie terug betaal nie. Verkoop alles vir R5 en kyk wie is eerste in die winkels. Edgars verkoop lankal nie meer vir almal nie en is ongelooflik duur.

Wielspore ·

EDGARS, of te wel die EDCON groep, het self hul eie ondergang bewerkstellig. Hierdie is en was nog altyd eksklusiewe winkels wat die die hoër inkomste groep voorsiening gemaak het. Ons self het min of nooit enige items daar kon koop. So, as jy ‘n mark wil kies wat eksklusief is, het jy die geleentheid om eksklusief onder te gaan.

Ronel ·

EDCON het sy eie graf gegrawe. Hulle klere is baie duur en Jan alleman kan lankal nie meer daar koop.

Sê Ook Maar Net ·

Ek het ‘n Edgars rekening gehad.
Met tye het dit swaar gegaan en as ek net een dag laat betaal het Edgars my verpes/ge-terroriseer en gedreig.
Uiteindelik my rekening gesluit.
Om een of ander onverklaarbare rede het die Klubgelde van krag gebly en opgehoop.
Toe ek weier om te betaal is ek eenvoudig “ge-Blacklist” sonder simpatie met die impak op my Krediet Rekord.
Dit was op ‘n kritieke tyd wat ek dringend om “sakeredding” moes aansoek doen, maar al my aansoeke is afgekeur oor die R130-00 wat ek Edgars geskuld het met fatale gevolge vir besigheid.
Met ‘n groot gesukkel is my naam skoon gekry. Maar helaas te laat.
So nou weet Edgars hoe dit voel.
Maar ongelukkig is dit die werkers wat daaronder lei. (My simpatie)

Die vet kat base daar bo sit net agteroor op hulle hope geld.
Ek hoop hierdie top bestuur voel die stres en trauma wat hulle die kliente deurgesit het.

Jeremy ·

Julle swak diens duur klere en vreemde groottes en natuurlik daai binnelanse sake rye om te betaal het mooi vir julle gewerk Edgars…..

marius ·

Het hulle nie verlede jaar vir belasting geld gepleit nie ?

Sobymykoolkop ·

Ja die “skenking” was uit die staatpensioen vonds, dink dit was 2 miljard.

Net ek ·

Kry vir julle Edcon, het nog nooit enige simpatie gehad vir jan publiek se moeilike tyd nie so moet nie nou simpatie verwag nie. Die gehalte van die klere was ook in elk geval nie die pryse werd nie, heeltemal te duur….

Pieter ·

Die GEPF het R2 Miljard belê in Edcon onlangs, dit is krimineel om te belê in ‘n sinkende onderneming want dit is ‘n 100% verlies. Blykbaar gedoen op grond van Cosatu se aanbeveling. Duidelik word staatsdienswerkers armer in hul pensioen, net soos Transnet se pensioenarisse. My opinie is om eerder jou pensioengeld self te vat met aftrede en dit te belê. Wonder wat dink ‘n finansiële adviseur daarvan.

Sobymykoolkop ·

Nou toe nou, was al voor die virus bankrot. Op regering se gevoel gespeel vir ń reddingboei en 2 miljard van die belastingbetaler se geld gekry( lees pensioenvonds) om kwansuis werk se werk te verseker. Vakbonde dreig ALTYD met chaos as besighede wil afskaal om dit te red. Edcon het in elkgeval lankal die minderheid bevolking uit die maatdkappy getransformeer.

PieterP ·

Bedank die regering wat die invoer van goedkoop Chinese produkte onophoudelik laat inkom… Tatta aan julle 300% winsgrense. Ek sal julle nie mis nie.

Jakes ·

Edcon is al n geruime tyd in die pekel. Daar werk hopeloos te veel mense by die groep en is hulle in dieselfde situasie as SAL wat ook te veel mense in diens het. Verder is daar talle nuwe rolspelers in die kleremark en sukkel Edcon om kompeterend en mededingend te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.