Edcon ontken ‘ineenstorting’

Foto: ANA

Edcon Holdings, eienaar van bekende winkels soos Edgars, CNA en Jet, het gesê hy kom al nader om ’n ooreenkoms te bereik om die groep te herkapitaliseer in ’n poging om ʼn dreigende ineenstorting te verhoed.

Dit kom nadat die Sunday Times die naweek berig het Edcon het ’n brief aan sy 31 grootste verhuurders uitgestuur en vir ʼn twee jaar lange “huur-blaaskans” gevra in ruil vir aandele in die maatskappy. Dit kan glo ʼn verlies van sowat 40 000 werkgeleenthede en ʼn onregstreekse verlies van sowat 100 000 werkgeleenthede hê.

Grant Pattison, uitvoerende hoof van Edcon, het egter die Sunday Times se berig as “onverantwoordelik en sensasioneel” bestempel en gesê die risiko bestaan al ʼn tyd lank en die groep is naby daaraan om ’n ooreenkoms te onderteken om die onderneming reg te ruk.

“Edcon is baie naby om ʼn aankondiging van ’n volledige herkapitalisering van die besigheid aan te kondig wat vir die volgende paar jaar sal hou. Ons kan nie kommentaar lewer op die besonderhede nie aangesien dit nog nie afgehandel is nie. Spekulasie en sensasie sal net skade aanrig en dit help nie die maatskappy nie,” het Pattison gesê.

Foto: ANA

“Vir die rekord – Sunday Times het ons laat Vrydag om kommentaar genader en ons het gesê ons kan nie kommentaar lewer nie aangesien die ooreenkoms nog nie gefinaliseer is nie. Ons het hulle gevra om ʼn week te wag sodat ons die ondertekende ooreenkoms kan aankondig maar hulle het geweier.”

Volgens Pattison is dele van Sunday Times se artikel, en veral die opskrif, misleidend aangesien Edcon nie “ineengestort” het nie.

Pattison het ʼn beroep op die groep se werkers gedoen om nie paniekerig te raak nie en gesê hul werk is veilig.

Edcon sukkel die afgelope paar jare om sy besigheid te herstruktureer in die lig van goedkoop buitelandse invoere en ’n skuif deur verbruikers tot e-handel.

Die groep is ook na bewering op soek na R2 miljard in noodfinansiering van sy eienaars en die staatsbeheerde Openbare Beleggingskorporasie om sy skuld te delg.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

marco polo ·

As jy R2 miljard noodfinansiering benodig, klink dit vir my na meer as net ‘n ineenstorting. Wie probeer hy bluf. So begin hulle een na die ander val, totdat daar niks meer oor is nie.

Paul ·

Jip, selfs Woolworths hou Chinese produkte aan, so dis dan geen wonder dat ‘n rede dalk vir die probleme wat Edcon ondervind agv die goedkoop buitelandse (lees Chinese) invoere nie. Dis die hand om die blaas van die Regering met die Chinese wat ons plaaslike ekonomie nou al vir ‘n tyd tref.

Boerin ·

Edgar’s house ook Chinese produkte aan, net teen mal pryse!!!

Pieterv ·

Nou wonder ek so by myself…moontlike 40,000 afdankings……goedkoop invoere. Gaan vra vir onse prezzi of hy nie dalk die Sjinese om hulp wil vra nie. Of wag….dit klink ook nie reg nie.

Muffin ·

Dries, heeltemal reg. Waar n rokie draai is daar n vuurtjie. Nou gaan ons aandeelpryse seker nog verder daal.

1+1 ·

As julle ondersoek afgehandel is, wees asb eerlik met die publiek oor die rede vir julle probleem. Dit kan ‘n waarskuwing wees vir baie ander maatskappye. As jy nie meer beheer het oor die “HARTKAMER” van jou besigheid nie bv. klientediens, vennootskappe, werkers finansies ens, ens is jy gedoem tot ondergang.

Andre ·

Dis ‘n tragedie dat ‘n 90 jaar oue besigheid in SA, sy deure gaan sluit!

Ek dink dis die gevolg van die ANC regering se algehele inploffing.

Oop grense, smokkelhandel, arbeidsonrus, minimum lone, regstellende aksie (BEE), geweld, misdaad, oorbelasting, grondonteiening sonder vergoeding, onbetroubare elektrisiteit ….. of samevattend SWAK REGERING!

Chris du preez ·

En waaraan is dit te danke ? . Dalk regstellende aksie in julle top bestuur. Is dit nie die ondergang van menigte groot besighede in Suid Afrika nie

Celtis Africana ·

Verseker die grootste bydraende faktor.
Die wiel draai nou sy volle draai. Klein, onafhanklike klerehandelaars is stelselmatig oor halwe eeu bestaansreg ontsê deur die vorming van magtige kleinhandelsgroepe. Nou piets die onafhanklike kleinbesighede in Chinese, Ethiopiese en Pakistaanse besit, die grotes vir n ses. Weliswaar op bedenklike wyse, maar met n regering soos wat ons het, gaan ons ekonomie ontaard in een groot vlooimark.

Louise ·

Ek sou dink die rede vir Edgars se problem is eerstens die uiters swak diens wat my, en baie van my kennisse daar weghou. Die dames staan heeldag rond en sit van die “sample” grimering aan, ek het dit nou al by Mall @ Reds en Centurion Mall ondervind en help klante glad nie. Die toue by beide hierdie winkels ook altyd baie lank en dan is daar 2 kassiere. Edgars het ‘n teleurstelling geword, winkels is deurmekaar en personeel ongeskik en swak opgelei. Dan is dit hulle pryse….belaglik!

Sê net ·

Die ding jare terug sien kom toe ek nog my rekening gehad het.

Muffin ·

Chris du Preez
Jy praat die waarheid. Te veel hoee koppe met groot salarisse wat nie weet wat aangaan nie. Gekoopte Universiteits grade. Dit is die nuwe SA.

Foxi ·

Ek het my rekening gesluit by Edgars. Klere van swak gehalte en peper duur. Het jare betaal aan n begrafnispolis, het toe later net seker gaan maak of als nog in orde is. Maar toe kry ek n skok wat ek nie verwag het nie, ek het nooit n begrafnispolis op rekord gehad nie, maar n fooi was afgetrek elke maand. Ek het probeer om als terug te eis, maar sonder sukses. Groot skelms man!Dis hoekom hulle ten gronde gaan, want hulle het ervare mense afbetaal en onervare mense aangestel. Niks werk net nie, als gaan ten gronde. Ek het self gesien hoe bespuit die staf hulself met duur parfuum vroeg in die môre wanner hulle aan diens kom. Dis waarom die besigheid nie kan floreer nie . .

Willie ·

Ai presies dieselfde met my gebeur. Laat hul maar deure sluit en skelms op straat gaan sit.

Philip ·

Ja nee regstellende aksie met ekonomiese gelykheid. ANC beleid. Gaan lê die probleem voor CR en sy manne se deure. Zim her kom ons moenie alleen voel nie.

PJC ·

Baie inrerressant. Ek en my eggenote kom nou net van ń groot winkelsentrum af. Waar die CNA was is nou ń groot chinese winkel. Dit is ook nie die enigste nuwe chinese winkel in die sentrum nie. Hulle skiet op soos paddastoele. Dit en die regstellende aksie in die staatsdiens is ons ondergang.

Spike ·

Danksy cyril en comrades. Om ñ probleem reg te maak, staak en vernietig.

John ·

…. en ons dra Made in China. Gehalte 0… Dit is presies waarteen Trump baklei. En kyk hoe blink Sjina want die geldjies vloei in. Mos ‘n groot voorstander van oop markte en geen grense met geen respek vir ander se eiendom. En wit kliente se geld word minder en minder gehalte produkte kry aftrek. Edgars se afdeling vir huishoudelike produkte en meubels het reeds die aftog geblaas. Cheap is nou die wagwoord. Woollies het reeds onlangs gesukkel met ‘n klerereeks omdat dit te grand was vir die gewone koper.

Nel ·

Baie onvriendelike personeel, hier en in Namibia – dwarsdeur die bank. Dis asof hulle dink hulle doen jou ‘n guns deur jou te bedien.

Johan ·

Dit is presies hoekom ek nooit iets by Edgars koop nie, hulle personeel is ongeskik en onbeholpe. Ek neem aan dit spoel van bo af.

Ou mens ·

Al wat leef en beweeg koop op rekening. Bitter min betaal. Waar gaan die kredietgewer en/of die balju hle soek?

Simptoom ·

Maar net nóg ‘n simptoom en resultaat van die hool. Die beste klante het geëmigreer. Ons is ook op pad.

Blink vel ·

Ek sien nooit iemand betaal nie, veral nie in die city stad… soos Anton Goosen gesing het nie! Wie het die stad oorgeneem, kyk biki rond, dan sien jy wie die wanbetalers is!

Onbeskof ·

Onbeskofde, onbeholpe diens as jy gelukkig is om iemand te vind wat daar werk in hul winkels. Enigste rede hoekom die groep in die moeilikheid is is oor BBBEE en dat hulle die kliente wat hul van die begin af ondersteun het soos gemors behandel. Met sulke hoe pryse wat gevra word verwag klante n hoogste standaard diens.

Onbeskof ·

Koop laaankal nie meer daar nie. Onbeskof en lui personeel en gans te duur om so duur te betaal.

Waarheid ·

Ek stem heelhartig saam met die kommentare.Ek koop al vir jare nie meer daar nie want die personeel is te onvriendelik en onbeskof.Ek is dus nie verbaas nie.Wat jy saai sal jy maai.Weereens bewys.

Leon ·

Koop maar by Jonsson. Hulle produkte word darem in Lesotho vervaardig (sover ek weet).
Dalk duurder as Edgars en Woolworths se klere (sal nie weet nie, het donkiejare laas daar iets gekoop), maar die kwaliteit is baie goed.

RG ·

Debiteure betaal nie hulle rekenings nie en kan nie opgespoor word. Ai tog, gaan vertel tog vir Discovery Bank hoe dit werk.

Johan ·

BEE kry vir julle. .M ense wat nie BEE is moenie by BEE besighede koop nie. Laat al die bee maar vir mekaar sorg.

Nie verbaas ·

Ek stem 100% saam met die kommentare. Die meeste kettingwinkels se produkte is van n swak gehalte. Die eerste keer wat jy dit was krimp dit, die knope val af die eerste dag wat dit gedra word, dit kan nie in die tuimeldroër droog gemaak word nie en dit kos ‘n fortuin. Ander gaan binnekort in dieselfde situasie beland.

Kobie Jacobs ·

Al die gepratery oor Sjinese invoere; laat my dink aan wat ‘n gewese kollega van jare terug altyd gesê het as daar ‘n verwysing na ‘cheap’ Japanese invoere in ‘n gesprek was: ‘Made in Japan, made in a hurry, keep in a cool place’

Martin ·

Nou weet ons hoekom het baie van die CNA rakke toe gemaak en die ander afgeskaal het na kleiner vloerspasie en minder produkte op die rakke.

'n wiel is rond ·

Toe ek my werk verloor en Edgars smeek om my net te help met n betaal vakansie of toestaan van n verlaagde maandelikse betaling is ek baie vinnig met regsaksie gedryg en na 3de maand oorhandig met ‘n stop moaning and just pay aanmerking. Hulle woorde aan my was jou geldelike probleme het niks met ons uit te waai nie ons soek ons geld. Ek het hulle minder as R5000 geskuld. Wel ek het hulle toe gevra wat sou hulle doen as die skoen aan die ander voet was, hulle woorde “edgars will never be in financial difficulties just pay.” Nou skreeu hulle vir verlaagde huur en geldelike hulp, NEE stop moaning and just pay.

Susan ·

Ek het ook ‘n winkel gehad, die huur maak mens dood. Daar moet ‘n ondersoek gedoen word na winkelsentrums wat besighede wurg met hemelhoë huurgeld. Mens is afhanklik van ‘n goeie plek met baie voete en hul weet dit. Buiten dit maak aanlyn winkels soos Takealot ook ‘n impak, want dis gemaklik en aflewering ook gratis as jy ‘n paar rand spandeer. Suid Afrikaners ondersteun die Chinese, koop eerder goedkoop swak kwaliteit. Almal probeer maar so goedkoop moontlik, geen lojaliteit teenoor plaaslike besighede nie.

Anti-Edgars ·

Ek het al vir meer as 20 jaar ‘n Edgar’s rekening . Ek gebruik dit baie min, maar hou dit oop as “backup” omdat ek geen ander rekeninge het nie. Die laaste aankoop by hulle was by CNA toe my rekenaar se sleutelbord die gees gegee het, asook vir geskenkbewyse as verjaarsdag geskenke. Ek betaal so gereed soos klokslag my rekening, maar laas maand het ek eers op die 5de betaal. Op die 7de kry ek toe ‘n oproep van die Kliëntediens. Die baie arrogante en onbeskofte dame vra my toe wanneer ek gaan betaal en hoeveel. Ek sê toe dat ek alreeds per EFT betaal het en dat ek vir haar die betalingsbewys kan epos. Sy verander egter nie haar houding nie, maar wil nie die betalingsbewys hê nie. Hou net aan om my die leviete voor te lees omdat ek nie voor die 2de betaal het nie. Ek vra haar toe om te kyk na my rekords en my te sê wanneer ek nagelaat om te betaal. Haar antwoord was “you always pay”. Ek vra haar toe of dit nodig is om my soos ‘n skurk te benader omdat ek een keer laat betaal het. Sy sê toe dat sy nie sal ophou totdat die betaling op hul bankstaat verskyn nie, met nog ‘n laaste waarskuwing dat hulle regstappe sal neem indien dit nie teen die volgende dag wys nie! Dit nadat sy die betalingsbewys geweier het! Die rekening gaan nou opbetaal en toegemaak word!

Johanna Botha ·

Nou gaan vavi n strike reel kyk nou mooi en hom in die grond in dryf ….so goed met dit ne …dalk n winkel brand ook nog ?

Val maar ·

VAL MAAR LEKKER ONS VOEL NIKS VIR JULLE NIE .. daar is mos LENINGS net aan sekere mense toegeken wat dit toe nie terugbetaal het nie, die hele EDCON GROEP neem beswaarlik nog blankes in . so KRY VIR JULLE !! LEKKER VAL !!

Wil ·

My Edgars kaart is in Oktober 2018 gekloon en die R11,700 wat iemand op my gekloonde kaart spandeer het is deur hulle teruggeskryf. My man is in die SAPD en het na die winkels waar die kaart gebruik is gegaan en mense ondervra, afskrifte van die transaksies met die handtekening wat drasties verskil van my handtekening asook foto’s van videomateriaal van die transaksies gedruk. Edgars het glad nie belang gestel in die volledige dossier wat hy opgestel het met foto’s, verklarings ens nie. Al wat ek moes doen was om in die vorm te verklaar dat ek nie by daardie transaksies betrokke was nie. Tydens my man se ondersoek is daar aan hom gesê hulle kry vervalste kaarte op ń daaglikse basis, maar niks word daaraan gedoen nie. Nou vra mens hoekom??? Soos ek sê is die R11,700 bloot afgeskryf! Ek sal graag die foto van die vrou wat op my rekening gekoop het hier wou plaas, maar ek sal dan seker eeder gestraf word as sy! Sy het oa ń laptop, Police sonbril en dan klere gekoop met die kaart.

Nettie ·

Die Edgars in ons plaaslike sentrum is so pateties en diens “non-existent” dat hulle maar netsowel kan toemaak, om nie eens van die Jet Store te praat nie. Swak “merchandise”, swak diens, swak winkels = swak omset.

jakes ·

Hierdie winkelgroep is soos die SAL en Eskom oorbevolk met duisende mense wat vir hulle werk terwyl hulle eintlik drasties personeel moet besnoei. Die feit dat Edcon nou in die rooi is en dit bekend gemaak het gaan uiteraard meebring dat baie meer mense nie meer hul rekeninge gaan betaal nie wat natuurlik hul knyp gaan vererger. Pertinente vrae soos watter rol het regstellende aksie en BBBEE tot die problem bygedra?

Willi ·

Hoe gouer, hoe beter. Van die duurste winkels met die swakste diens. Meer personeel in diens as kliente, en dan staan hulle in groepe en gesels en ignoreer kliente. As jy vir iets vra is dit nie in vooraad nie of hulle het dit nie, sonder om te gaan kyk, miskien moet hulle maar die strate gaan loop soos baie ander. Kry eintlik lekker om net personeel te sien sonder kliente in hierdie winkels. Hoer pryse kan ook nie opmaak vir verliese nie. Nee wat, daar is baie ander winkels waar ek my geld beter kan spandeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.