Edcon het begin om die maatskappy se drie oorblywende handelsmerke (Edgars, Jet en Thank u) te verkoop ná hy op 29 April in sakeredding geplaas is weens die uitbreking van Covid-19.
Grant Pattison, uitvoerende hoof van Edcon, het gesê die groep moes ʼn besluit maak ná hy in ʼn finansiële verknorsing beland het weens die uitbreking van die nuwe koronavirus: likwideer of doen aansoek vir sakeredding.
“In hierdie omstandighede vereis Suid-Afrikaanse wetgewing dat die maatskappy óf gelikwideer word óf in sakeredding geplaas word. Om ons ʼn langer periode te bied om die geld in te vorder, het die raad besluit om eerder aansoek te doen vir sakeredding.”
Piers Marsden en Lance Schapiro is gevolglik op 4 April aangestel as sakereddingspraktisyns. Daar is bevind dat altesaam R3,7 miljard geskuld word aan meer as 80 entiteite ná Edcon se lys van krediteure Maandag gepubliseer is as deel van die sakereddingsplan.
Altesaam R888 miljoen is verskuldig aan die Werkloosheidsversekeringsfonds, verteenwoordig deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), die groep se grootste krediteur. Die WVF het R1,2 miljard in die groep belê as deel van ʼn R2,7 miljard-herkapitalisasie in Maart 2019.
Vier van die land se vyf grootste handelsbanke het ook eise van R976 miljoen teen Edcon. Drie internasionale beleggingsbanke eis R358 miljoen.
Die sakereddingspraktisyns het aangekondig dat hulle ʼn versnelde verkopingsproses sal ondersoek vir dele van Edcon ná geen kopers of beleggers vir die groep in sy geheel gevind kon word nie. Dit het ook ten doel om die onderneming aan die gang te hou tydens die somerseisoen.
Die groep se bevestigde lys van verhuurders het eise van ongeveer R100 miljoen. Die lys sluit onder andere Growthpoint Properties, Redefine Properties, Liberty Group en Old Mutual in.
Sedert 30 April word die groep se bates, sowat R4,4 miljard, as sekuriteit gehou deur die krediteure.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Waar is ons klub gelde heen
Totsiens Edgars sal jou mis. Nou en dan lekker goed daar gekoop.
Kyk wie gaan die nuwe eie naars wees die is die komuniste se hele plan
WVF geld ?? Daar is mense wat krepeer want hulle kry nie betalings nie ! Die hele spul insluitende die amptenarre wat dit bewimpel het moet aan die massas wat hierdeur verguis is oorhandig word .
Jammer om te hoor, maar ek kon nooit by edgars koop nie, pryse was te hoog. Jet was soms bekostigbaar. Hulle personeel was egter altyd onvriendelik en onbehulpsaam.