Eddie Eckstein is nié dood nie

Die foto van Eddie Eckstein wat sy vriend, Fernando Lamy, op sy Facebook-blad gelaai het ná valse gerugte oor sy afsterwe

Die foto van Eddie Eckstein wat sy vriend, Fernando Lamy, op sy Facebook-blad gelaai het ná valse gerugte oor sy afsterwe

Die bekende komediant en sanger Eddie Eckstein moes op sosiale media bevestig dat hy nog leef, nadat ʼn valse gerug oor sy afsterwe blitsig versprei is.

Een van Eckstein se vriende, Fernando Lamy, het ʼn foto van hom opgelaai en bevestig dat die gerugte onwaar is, berig Pieter Cloete, ʼn omroeper van Knysna FM.

Die storie het glo begin toe ene André Vermaak op sy Facebook bevestig het dat Eddie se seun hom per SMS meegedeel het dat sy pa oorlede is. Vermaak het dadelik die nommer teruggeskakel en die seun het glo gesê sy pa is dood. Vermaak wou telefonies by hom weet of dit wel Eddie Eckstein is, en die seun het dit beaam.

Vermaak het intussen die plasing op Facebook verwyder. Hy het Cloete gekontak om te sê dit was ʼn groot misverstand. Dit is eintlik die seun se pa, Eddie Aspeling, wat oorlede is.

Intussen het talle persone hul medelye met Eckstein se afsterwe op sy Facebook-blad uitgespreek. Eckstein het reageer en gesê hy is onseker of dit net ‘n poets is wat iemand hom bak, maar hy is springlewend en dankbaar om sy status met mense te kan deel. Hy het sy dankbaarheid uitgespreek vir al die persone wat hul medelye betoon het, al het hy dit nie gelees nie. Hy versoek dat almal sal help om die onwaarheid reg te stel.

Eddie het op 29 November sy 75ste verjaarsdag gevier.
eddie eckstein screenshot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

gerald van der merwe ·

Eddie Eckstein is soos melk net een van daardie goeie dinge wat in die lewe oorgebly het.
Long live the king of the oldies!!!!!!!!.
Gerald van der Merwe
Pretoria

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.