Eddie Izzard voltooi 27 marathons in 27 dae in SA

Eddie Izzard (Foto: Comic Relief)

Eddie Izzard (Foto: Comic Relief)

Die komediant Eddie Izzard het Sondag in Pretoria die laaste paar kilometer gehardloop om die uitdaging, 27 marathons binne 27 dae, af te handel.

Die 54-jarige moes Sondag ʼn dubbelmarathon hardloop om die uitdaging by ʼn standbeeld van Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria te voltooi.

Izzard het in 2012 ʼn soortgelyke poging aangepak, maar moes onttrek weens gesondheidsredes.

Hy het meer as £1,35 miljoen (byna R30 miljoen) ingesamel vir Sport Relief.

Izzard het die 27 marathons gehardloop as ʼn simbool van die 27 jaar wat Mandela in die tronk spandeer het.

Hy het oor die meer as 1 137 km-roete gesukkel met dehidrasie, hitte-uitputting en sonsteek. Hy moes op die vyfde dag ook ʼn ongeskeduleerde rusdag neem, wat beteken het dat hy op die laaste dat twee marathons moes hardloop.

“Dit was die moeilikste ding wat ek nog ooit gedoen het,” het Izzard gesê. “Baie dankie vir almal wat geld geskenk het, [en] moenie dit by die huis probeer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Brendan ·

Congratulations on your achievement Eddie. You are a true ambassador for South Africa. I am sure the funds that you were able to raise will go a long way in supporting the up and coming athletes in our beautiful country. This is a very positive achievement in dark times.

EMK ·

Dit wil gedoen wees! Baie geluk en sterkte vir die stywe spiere!

Barnabas ·

Uitstekende prestasie! Brendan, Izzard is ‘n Brit, nié ‘n SA’ner nie. Maar die intro gee ook géén konteks oor wie hy is nie, so moenie te sleg voel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.