Eed onderteken tydens #100MenMarch

Foto: Brenda Masilela, ANA

ʼn Groot getal mans het positief reageer op die regering se versoek om ʼn einde te bring aan geweld teen vroue. Die mans het deelgeneem aan die #100MenMarch wat Dinsdag in Pretoria gehou is.

Mans en vroue, onder die vaandel van die regering se kommunikasiediens (GCIS) se #100MenMarch, het van 08:00 by ʼn oop gedeelte in Schubartpark bymekaargekom. Die optog is gehou om teen geweld teen vroue en kinders te betoog. Dit is deur verskeie kunstenaars, nieregeringsorganisasies en ander rolspelers ondersteun.

Die groep het daarna deur die strate van Pretoria na die Uniegebou beweeg waar ʼn eed deur ministers en afgevaardigdes onderteken is. Hulle onderneem om hulleself te verbind teen geweld teen vroue en kinders.

Foto: Brenda Masilela, ANA

Bheki Cele, minister van polisie, het aan die skare gesê hulle moet slagoffers van mishandeling help en polisiebeamptes moet hulle nie bloot huis toe stuur om die saak self op te los nie. “As hierdie vroue na ʼn polisiestasie toe kom, moet hulle nie aanmoedig om dit self met hul lewensmaats op te los nie. Help hulle en arresteer die oortreders,” het Cele gesê.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, was ook deel van die optog. Hy het gesê hulle sal seker maak die stryd teen geslagsgebaseerde geweld word oorwin. “Ons ma’s en susters kan nie teen só tempo vermoor word en ons doen niks nie. Ons sal saam met die polisie werk en seker maak ons oorwin hierdie stryd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wilma ·

Nee wat ek kan getuig. Die wette isi die papier werd waarop dit geskryf is ni. Was geterroriseer omtrent 2jaar maar polisie slapgat. Het nix gedoen.

Ler ·

Wat van…ek dink nou maar net hardop nou…STOP GEWELD IN SA… Ons ministers rand vrouens aan, dis die ANC en EFF se voting public wat opkyk na hul en sien dat dit okay is. Wat van, ek sê maar net, SWAAR straf vir skuldiges. n Tik oor die vingers tik is net n klap in die gesig vir die victims.(no pun intended)

Willie ·

Dit beteken ongelukkig niks nie…. nie die papier werd waarop dit gekryf staan nie….

Neewat ·

Dit is ‘n great poging maar daar gaan niks van kom nie. Goed om aandag daarop te vestig maar glo my GEEN protesoptog gaan ‘n verskil maak nie. WETTE en WETSTOEPASSING in SA is pateties. ‘n Ma en stiefpa slaan ‘n kind dood en hulle kry ‘n opgeskorte vonnis of een van hulle slegs 4 jaar tronkstraf. Kinders word verkrag en die oortredings kom eers uit as hulle 30 of 40 jaar oud is .. HOE het julle geslaag? Gee hierdie manne wat aan die optog deelgeneem het vir Wilmientjie Potgieter wat deur die kop geskiet is op die plaas? Gee hulle om vir die dogtertjie wat verkrag is en aan die brand gesteek is met koerante op die plaas terwyl haar ouers le en doodbloei het of geld dit net vir ‘gesinsgeweld’? Wat van al die ministers wat die vrouens so rondklap en aangekla word vir verkragting? Wat word van al daardie sake? Neewat . niemand flous my meer nie .. dit beteken niks .. vrouens en kinders op plase en in townships gaan vir ewig ly .. daar is patetiese maatskaplike hulp en patetiese wetgewing om van die toepassing daarvan nie te praat nie .. Die polisiemanne wat aangekla is van verkragting nadat die dames verkragtingsake gaan aangee het . wat het daarvan geword? HULLE Ma’s en susters mag nie vermoor word nie maar ONS boere-ouers en susters mag maar vermoor word??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.