Connor Wilson sal Suid-Afrika se enigste atleet wees wat vandeesmeend aan die Winterspele in Pyeongchang, Suid-Korea, sal deelneem.
Sive Speelman, wat vol hoop was om die land se eerste swart skiër te word wat aan die Olimpiese Spele deelneem, sal nie by Wilson as atleet aansluit nie.
Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het slegs een inskrywing vir Suid-Afrika aangebied in die ski-kompetisie. Aangesien Speelman en Wilson dus albei gekwalifiseer het, is Wilson gekies omdat hy meer punte het by die Internasionale Ski Federasie.
Die 21-jarige Wilson, wat tans in Johannesburg woon, neem deel namens die SA Active Club en sal aan die slalom-ski-kompetisie deelneem. Hy het aan die einde van verlede jaar in die 54ste plek geëindig in die reuse-slalom-kompetisie en 71ste in die slalom-kompetisie.
Peter Pilz sal as afrigter saam met Connor reis en Speelman sal as die span se tegniese beampte optree.
“Uit ʼn droë land soos Suid-Afrika, waar wintersporttoestande uiters beperk is, is ons spanne maar altyd baie klein vir die Winterspele,” het Gideon Sam, president van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), gesê. “Maar sneeusportsoorte is steeds ʼn belangrike deel van die sportfamilie. Ons wens Connor alles van die beste toe en ek is seker dat Sive Speelman ook baie ervaring gaan opdoen tydens sy besoek aan Suid-Korea.”
Die XXIII Winterspele vind plaas van 9 tot 25 Februarie en 92 lande sal deelneem.
Ag strooi!! Arizona en Nevade USA 60 maal “droer” as Suid-Afrika, en net hierdie twee state spog met 17 deelnemers!!!
Ek wil nou nie uit my beurt praat nie, maar daar gaan nou weer gese word dat hy nie kan gaan nie omdat hy wit is en daar nie kwotas saam kan gaan nie. Alles sterkte toe vir hom. Hou SA se naam hoogte daar as jy gaan.
So gehoop Speelman kan ook gaan. Hy het so hard gewerk. Dit is regtig skande