Een beseer in brand by gewilde strandhotel

Rook is sigbaar op die grondvloer van die hotel. Foto: Rescue Care

Een mens is beseer toe ʼn brand Sondag by ʼn gewilde hotel op Durban se strandfront uitgebreek het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê die brand het omstreeks 18:00 by die Blue Waters-hotel uitgebreek.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, was die Durban-brandweer en metropolisie reeds op die toneel. Die hotel is ontruim en mense na veiligheid gebring,” het Jamieson gesê.

Volgens Jamieson is die brand vinnig in bedwang gebring.

“Een vrou wat op die vyfde verdieping was, het geringe beserings opgedoen. Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar die polisie, metropolisie en brandweer het ʼn ondersoek na die oorsaak van stapel gestuur om dit te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos1 ·

Daai selfde gebou het ‘n paar jaar terug ook gebrand!
Ek het al baie daar gebly, maar is nou oortuig dat dit nie meer veilig is nie.

ANDRE ·

Foutiewe elek bedrading , goedkoop/swak onderhoud = kortsluiting = brand

Ander Annie ·

Dit laat mens wonder. Koos jy is reg, daar was jare terug ook ‘n brand. Die Blue Waters Hotel was in die jare 70’s ‘n baie spoggerige 5 ster hotel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.