Een beseer toe boom omval

Die boom wat in Durban omgeval het (2 Februarie 2016) Foto: Rescue Care

Die boom wat in Durban omgeval het (2 Februarie 2016) Foto: Rescue Care

Een persoon is beseer en vier motors beskadig toe ʼn groot boom Dinsdag net voor 14:00 in Durban omgeval het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die boom het op die hoek van 8ste Laan en Floridaweg omgeval.

“ʼn Groot boom het op vier motors omgeval wat in die straat parkeer is,” het Jamieson bygevoeg. “Een persoon wat langs die pad naby die boom gewerk het, het geringe beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.”

Die polisie was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.