Een dood, 10 beseer in botsing

Een van die voertuie wat in die botsing betrokke was (Foto: Verskaf)

Een man is dood en tien ander mense is Vrydagaand beseer in ʼn botsing tussen twee motors in Durban in KwaZulu-Natal.

Ceron Lennox, Rescue Care-woordvoerder, het gesê die motorwrakstukke het oor die pad versprei gelê soos wat die impak van die botsing stukke van die motors rondgegooi het.

“ʼn Man wat op die sypaadjie geloop het, is deur een van die motors getref. Hy het veelvuldige beserings opgedoen, en op die toneel beswyk,” sê Lennox.

Tien ander mense, wat in die twee voertuie was, het middelmatige tot ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal vervoer vir mediese sorg.

Volgens Lennox is die presiese oorsaak van die ongeluk onduidelik. ʼn Polisieondersoek is van stapel gestuur.

Een van die voertuie wat in die botsing betrokke was (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.