Een dood, 102 beseer in Mpuma-ongeluk

ʼn Voetganger is Woensdag dood en 102 mense, waarvan die meeste skoliere, is beseer tydens ʼn ongeluk tussen ʼn vragmotor en ʼn bus naby Nelspruit in Mpumalanga. Foto: @TrafficSA / Twitter

ʼn Voetganger is Woensdag dood en 102 mense, waarvan die meeste skoliere, is beseer tydens ʼn ongeluk tussen ʼn vragmotor en ʼn bus naby Nelspruit in Mpumalanga. Foto: @TrafficSA / Twitter

ʼn Voetganger is Woensdag dood en 102 mense, waarvan die meeste skoliere, is beseer tydens ʼn ongeluk tussen ʼn vragmotor en ʼn bus naby Nelspruit in Mpumalanga.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk op die R538-pad by die Karino-kruising, sowat 20km buite Nelspruit plaasgevind. “Die vragmotor en bus het mekaar reg van voor getref,” het Steinmann gesê. “Die vragmotor het daarna ʼn voetganger getref. Die bus het die pad verlaat en in ʼn sloot tot stilstand gekom.”

Die voetganger was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Altesaam 97 mense het matige beserings opgedoen en vyf is ernstig beseer. Een van die mense wat ernstig beseer is, moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word. “Die meeste van die pasiënte is kinders wat op pad was skool toe.”

Die res van die beseerdes is op die toneel behandel en met verskeie ambulanse na ʼn hospitaal in Nelspruit geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Moeti Mmusi, die provinsiale veiligheidswoordvoerder, het die ongeluk bevestig. Hy het egter gesê 84 mense het geringe beserings opgedoen en agt is ernstig beseer. Hy kon nie in die stadium die skoolkinders se ouderdomme bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

martie ·

Sover ek op die foto kan uitmaak is dit n bus met n sleepwa wat ook passasiers kan vat.

Nina ·

Ja nee, toemaar. MAAR! Niemand sal DAAROOR kommentaar lewer nie. ;) Ek vat een wilde raai dat die vragmotor NIE vir die kinders was nie. :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.