Een dood, 12 beseer ná bakkie in JHB rol

Een persoon is Woensdagoggend dood en twaalf beseer nadat ʼn bakkie op die N14-snelweg naby Diepsloot in Randburg, Johannesburg, gerol het. Foto: Jono Cloete @JonoCloete / Twitter

Een persoon is Woensdagoggend dood en twaalf beseer nadat ʼn bakkie op die N14-snelweg naby Diepsloot in Randburg, Johannesburg, gerol het. Foto: Jono Cloete @JonoCloete / Twitter

Een persoon is Woensdagoggend dood en twaalf beseer nadat ʼn bakkie op die N14-snelweg naby Diepsloot in Randburg, Johannesburg, gerol het.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 06:00 plaasgevind. “Meeste van die mense het agterop die bakkie gesit toe dit gerol het. Een persoon is op die toneel dood verklaar. Een persoon is kritiek beseer en moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word,” het hy gesê.

Die res van die pasiënte het beserings soos gebreekte bene, skrape en kneusplekke opgedoen. Hulle is met ambulanse na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Volgens Vermaak is dit nog nie bekend of daar ʼn tweede voertuig by die ongeluk betrokke was nie. Die polisie ondersoek die voorval.

Dit is die tweede noodlottige ongeluk in Johannesburg binne twee dae. Vier mense is Dinsdag dood nadat ʼn vragmotor in spitsverkeer in Albertong ʼn aantal voertuie ingeploeg het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snel ·

Dis sekerlik net in Suid Afrika, of eerder die hele Afrika, waar jy soveel moontlik mense op n oop voertuig kan indruk en inwurm, en hulle vervoer sonder dat jy beboet word of jou lisensie opgeskort word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.