Een dood, 13 beseer toe taxi rol

Nooddienste het die minibustaxi op sy dak aangetref. Foto: ER24

Een mens is dood en nog 13 beseer toe ʼn minibustaxi Maandagoggend op die R59 naby die Redding-wisselaar in Alberton gerol het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê paramedici en talle ander nooddienste het vanoggend kort voor 06:00 op die toneel suid van Johannesburg opgedaag en die minibus op sy sy aangetref. “Etlike mense is verspreid om die voertuig aangetref nadat hulle uit die taxi geslinger is.”

By nadere ondersoek het paramedici op ʼn insittende afgekom wat binne-in die taxi vasgevang was. Hy is blykbaar op slag dood. “Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar,” sê Meiring.

Paramedici het nog 13 mense op die toneel ondersoek. Vyf was in ʼn kritieke toestand, terwyl agt se beserings van gering tot matig gewissel het.

Hulle is op die toneel behandel voordat een van dié wat ernstig beseer is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gebring is. Die res is per ambulans hospitaal toe geneem.

Meiring sê dis nog nie bekend wat tot die ongeluk aanleiding gegee het nie. Wetstoepassers was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jessica ·

Blame the taxi driver, they don’t care about the road how they drive or over take on the wrong side of road, or who the push off the road or even damage your vehicle of passing, its not they vehicles so why care, so it bring it to the bottom they don’t care about the people inside the taxi’s. Charge the driver for murder.

Lynette ·

Taxi’s ry net soos hulle wil – ek sidder soggens op pad werk toe wanneer hulle deur rooi ligte jaag om my.

Leon ·

Ek ry elke oggend hierdie pad, en dit is vebasned dat daar nie meer sulke ongelukke is nie.
Ry in die “geel” bane, vleg tussen rye voertuie deur ens ens. Presies wat Lynette sê.
Tipese elke dag gebeure van die doodsvoertuie.
En die EMPD, draai ‘n blinde oog op die gebeure!

Asjas ·

Daar is nie meer sulke ongelukke mie omrede ek en jy versigtiger en behoedsaam ry. Maw ons maak dit vir hulle moontlik om so te ry. Al ooit opgelet hoe versigtig jy ‘n groen robot nader??

zoom zoom ·

Die passasiers moet eiese instel teen die bestuurder en ook die taxi eienaar. Hoe gouer taxi eienaars en bestuurders se sakke geskud word vir mediese uitgawes en vir pyn en leiding kan daar dalk ‘n les geleer word deurtaxi operateurs

GP ·

Wie steur hulle nog aan padreels. Solank hulle ry net soos hulle wil en niks oorkom nie hoekom moet ek by die reels hou?

Anti-taxidrywers ·

Most taxi drivers are lawless; they DONT stop at red traffic lights. They are killing farmers, raping women and children and get away with it why worry about such a minor thing as to drive like a NORMAL person? One of my colleagues told me that if they dare tell the taxi driver anything about his driving, he simply stop wherever and tell them to ‘get out’. Its unfortunate that innocent people must die. the Traffic cops are AFRAID of taxi drivers and so are the SAPD. No backbone.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.