Een dood, 14 beseer in ongeluk

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Een persoon is dood en 14 beseer in ʼn botsing tussen twee motors en ʼn minibustaxi op die Goue Hoofweg in Vanderbijlpark, Gauteng.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê ses mense is kritiek beseer, waarvan vier kinders onder die ouderdom van vyf jaar. “Daar word vermoed dat die twee motors reg van voor gebots het. Paramedici het ook ʼn minibustaxi in ʼn veld langs die pad gevind,” het hy gesê.

Volgens Vermaak het die taxi vermoedelik verskeie kere gerol. “Dit was moeilik vir paramedici om te betaal watter pasiënte is in die motors vervoer en watter in die taxi aangesien die meerderheid van hulle uit die voertuie geslinger is tydens die ongeluk,” het hy gesê.

Vermaak het gesê die bestuurder van die taxi was in die wrak vasgekeer en moes met meganies toerusting verwyder word. Hy het gesê die meerderheid van die pasiënte het ernstige kop- en borsbeserings opgedoen.

Die beseerdes is na die Sebokeng- en Chris Hani Baragwanath-hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.