Een dood, 14 beseer toe taxi en bus bots

Die ongelukstoneel. (Foto: Netcare 911)

Een persoon is dood en 14 ander beseer nadat ’n taxi en ’n bus Sondagoggend in Bloemfontein in die Vrystaat gebots het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 01:20 na die ongelukstoneel in Curie-laan in Fichardtpark ontbied.

Een persoon is noodlottig beseer en is op die toneel dood verklaar, terwyl 14 ander ligte tot ernstige beserings opgedoen het.

Beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle in verskeie ambulanse hospitaal toe geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die oorsaak van die botsing is in die stadium onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Neewat ·

Tragies???? Ons, my dogter en twee kleinkinders was gisteroggend ook amper net nog deel van statistieke, toe ‘n Intercape bus op die N3 naby Harrismith ‘n ander Passasiersbus verbysteek oor ‘n dubbele wit sperstreep met geel in die middel, die bus het voor in ons baan in beweeg !! My man kon ons voertuig gelukkig onder beheer bring toe hy moes uitswenk om ‘n kop aan kop botsing af te weer. Glo my ons selfs my kleinkinders van 4 en 7 was vir lank daarna nog stil….

Melanie ·

Neewat … hoe meer mense hiervan kennis dra, sal Intercape iets daaromtrent doen.

Swart Piet ·

Weereens die gemeenskaplike faktor in die meerderheid ongelukke tans in Suid Afrika –
‘n TAXI !!!!!!!!!!!

Melanie ·

Bring dit asseblief onder die aandag van die bestuur van Intercape. Hoe meer mense hiervan weet, hoe gouer sal Intercape daaromtrent iets doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.