Een dood, 14 beseer toe taxi, vragmotor bots

Foto: ER24.

Een persoon is dood en 14 ander beseer ná ʼn botsing Dinsdagoggend tussen ʼn taxi en ʼn vragmotor.

Die taxi het volgens berigte teen die agterkant van die vragmotor gebots.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die aansluiting van die N14 en R563 in Oak Tree in Krugersdorp plaasgevind.

ER24-paramedici het saam met ander nooddienste by die toneel opgedaag en die vragmotor naby die aansluiting aangetref terwyl die wrak van die taxi aan die kant van die pad gelê het.

“Dit wil voorkom of die insittendes reeds uit die taxi verwyder is. Hulle is aangetref waar hulle rondom die voertuig gelê het.” Drie mense was in ʼn kritieke toestand en 12 ander gering tot matig beseer.

“Die drie kritiek beseerdes is op die toneel behandel, maar ongelukkig het een van hulle daar aan veelvuldige beserings beswyk en is dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die oorblywende twee kritiek beseerdes is per mediese helikopter na nabygeleë hospitale gehaas vir noodbehandeling. Die ander beseerdes is per ambulans na nabygeleë hospitale vervoer.

Die polisie ondersoek die voorval.

Foto: ER24.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Se maar net ·

Dit bly lorries en taxis wat ongelukke veroorsaak. Is dit omdat hulle so stupid bestuur of omdat hul nie geldige lisensies het nie. Wonder net!

Manie ·

Glad nie vreemd as jy net kyk hoe taxi bestuurders oor die algemeen optree

Annie ·

Taxi aggenee glo dit nie hulle is sulke goeie onskuldige bestuurders !!! Hahaha . Nog steeds word daar niks aan hulle gedoen nie. Hulle ry soos maniake maak nie saak waar jy ry nie.

Jammer ·

Ek kry altyd die onskuldige passasiers in the taxi’s die jammerste. Maak nie saak wie se skuld dit is nie, dis altyd hulle wat die slagoffers is.

ferdi ·

Taxi bestuurders is ni bang vir di dood ni hulle is vreesloos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.