Een dood, 16 beseer na Durban-botsing

Foto: Rescue Care paramedici

Foto: Rescue Care paramedici

Een mens is dood en 16 ander beseer, nadat ʼn minibustaxi en twee motors Vrydagaand op die M4-Suid, naby Merebank in Durban, gebots het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care paramedici, het gesê die botsing het omstreeks 22:20 naby die Himalayas-afrit gebeur. Die taxi het tydens die botsing omgeslaan en op sy kant tot stilstand gekom. Van die passasiers is uit die taxi uit geslinger en het ernstige beserings opgedoen.

“Een man het op die toneel aan sy beserings beswyk. Nog 16 mense het matige tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer,” het Jamieson gesê. “Die beseerdes is per ambulans na verskillende hospitale in Durban geneem.”

Jamieson het gesê dit is nie duidelik wat die botsing veroorsaak het nie, maar die polisie sal dit ondersoek. Die snelweg is tydelik gesluit terwyl nooddienswerkers die toneel opgeruim het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Buitestander ·

Kan die toegeskryf word die tekoop aanbieding van bestuursllisensies?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.