Een dood, 18 beseer toe drie voertuie bots

Drie voertuie was by die ongeluk op die M4 in Durban betrokke. Foto: Netcare 911

Paramedici het hulle vroeg Donderdagaand na die toneel van ʼn ernstige botsing op die M4-snelweg naby die M41-afrit in Durban gehaas waar ʼn ligte afleweringsvoertuig, ʼn nutsvoertuig en ʼn minibustaxi gebots het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê een persoon is op slag dood terwyl nog 18 insittendes van die minibustaxi se beserings van gering tot matig wissel.

Hulle is op die toneel gestabiliseer en toe hospitaal toe gebring vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die polisie en verkeersafdeling het ondersoek kom instel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ES ·

Ek is nie verbaas dat daar ‘n taxi betrokke was nie… ek het al van hulle gesien teen ‘n besete spoed op ‘n draai by mense probeer verby steek. Hulle het geen respek vir hul eie of hul passassiers se veiligheid nog die veiligheid van ander padgebruikers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.