Een dood, 3 beseer in skietgeveg

Foto: ER24

ʼn Man is dood en drie ander beseer tydens ʼn skietgeveg tussen polisiebeamptes en vermeende verdagtes op die R55 in Olievenhoutbosch by Centurion.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici sowel as paramedici van ander dienste het op die toneel aangekom met polisiebeamptes reeds teenwoordig.

“’n Motor het op sy sy in ʼn sloot langs die pad gelê. Honderde gemeenskapslede het reeds op die toneel begin bymekaarkom.” Volgens Meiring is paramedici in die informele nedersetting ingeneem waar hulle een van die pasiënte gekry het.

Foto: ER24

“Paramedici het die man ondersoek, maar bevind hy is reeds dood nadat hy geskiet is. Drie ander mans is naby die motor gevind. Hulle het ligte tot matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hulle onder polisiebewaking na die Tembisa-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.”

Volgens Meiring het die polisie glo die verdagtes agternagesit voor die ongeluk plaasgevind het. Die skietgeveg het glo hierna ontstaan. Meiring het gesê ʼn vierde verdagte is nie beseer nie en is in hegtenis geneem.

Kapt. Thomas Mufumadi, woordvoerder van die polisie, het gesê hy is tans op pad na die toneel en sal later meer inligting oor die voorval kan gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adele ·

Ja nee! Ons bevind in terug in die Wilde Weste! Dis nou net karre en gewere en nie, polisie en skelms, en nie perde en gewere en cowboys en crooks nie!

Elizabeth ·

Centurion is besig om in ‘n oorlogsone te verander…

Linette ·

@Elizabeth, DIE HELE LAND IS BESIG OM IN ‘N OORLOGSONE TE VERANDER!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.