Een dood, 3 beseer in trompop botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Een persoon is Donderdag in die vroeë oggendure dood en drie mense ernstig beseer toe twee voertuie reg van voor by ʼn kruising in Bloemfontein gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het by die kruising van Nelson Mandelarylaan en Du Plessisweg gebeur.

“Paramedici het die gefrommelde wrakke van die voertuie in die pad aangetref met puin van die ongeluk wyd oor die toneel versprei. Die insittendes was steeds in die wrakke van die voertuie vasgekeer,” het Botha gesê.

Hy het gesê een van die insittendes is op die toneel dood verklaar terwyl drie ander ernstige beserings opgedoen het. Nadat die beseerdes uit die voertuie gehaal is, is hulle op die toneel gestabiliseer en na verskillende hospitale gehaas.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Petrus ·

Teen 60 K.m per uur kan n voertuig nie so lyk na n ongeluk nie, spoed was die oorsaak

Jaco ·

Ek ken daardie kruising en mense daar ry baie vinniger as wat hul moet, karre op die betrokke pad ry gemiddeld 100KM/H en dis n 70KM/H zone…En dan slaan die lig rooi en kan hul nie betyds stop nie, het selfs al een ongeluk daar so sien gebeur! Voel wel meer jammer vir die onskuldiges wat die korste end trek in MEESTE van ongelukke.

Ben ·

Kyk hoeveel keer voertuie OOR rooi robotte ry en nie betyds stop nie. Soveel onnodige ongelukke omdat mense selfsugtig en onbedagsaam is

Robot ·

Ek sien op Google Earth dat daar ‘n verkeerslig is. Wees maar versigtig by hierdie ligte of jy is reg en weg. Dink maar vir die ander morone op die pad.

baas ·

Jul is reg. Daar is verkeersligte…..dis n baie gevaarlike kruising….n ruk terug was daar n hele paar vieslike ongelukke….daar is n kamera ook….die probleem is dat dit n lang reguit stuk pad is aan buide kante van die kruising…en dit is die pad na vetskeie drink plekke toe….as ek daar verby ry stop ek amper dood al is die lig groen….hulle moet speed bumps daar sit

botterblommetjie ·

Daardie robot/kruising het al sooooo baie lewens geeis. Daar is ongelukgevaartekens ook al op… Dalk moet mens die kruising gaan sëen en salf, want die dood loop loshande rond daar…

Chris Ws ·

Motoriste besef een belangrike ding glad nie.Sou jy in ‘n ongeluk betrokke wees soos in die geval,gaan die Pad Ongelukke Fonds persentasie gewys skuld toeken aan BEIDE bestuurders.Maw al was die lig vir u groen gaan u waarskynlik 40% van die skuld toegereken (het met familie van ons gebeur)word so u sal net 60% uitbetaal word van wat u derdeparty advokaat namens u eis.Glo my ‘n ongeluk soos hierdie keer mens se lewe op sy kop om. As alle motoriste dit net kon begryp.Maar nou ja . . .

Rugga007 ·

Die verkeersligte was opgesit, dieselfde naweek, was daar twee ongelukke waar mense dood is. Probleem is
SPOED
NALATIGHEID
DRANK

Enigste oplossing is om spoedwalle op te sit. Sal mense dwing om stadig te ry.

Henry ·

Daar is beeldmateriaal van die ongeluk op facebook. Dit is verskriklik erg om te sien hoe daardie motor teen ‘n helse spoed gejaag het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.