Een dood, 4 beseer toe bakkie boom tref

Foto verskaf deur ER24

Een man is Woensdag dood en vier mense beseer toe ʼn bakkie ʼn boom langs die R512 noord van Johannesburg getref en gerol het.

“Die bakkie het op sy sy gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Twee mans was in die wrak vasgekeer. Drie persone het naby die voertuig gesit.”

Een van die mans wat in die wrak vasgekeer was, het reeds aan sy beserings beswyk. Die tweede man was in ʼn kritieke toestand. Die drie ander mans het matige beserings opgedoen.

“Meganiese toerusting is gebruik om die persone uit die wrak te bevry. Die man, wat kritieke beserings opgedoen het, en die ander drie pasiënte is na nabygeleë hospitale geneem vir dringende behandeling.”

Plaaslike owerhede is op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.