Een dood, 4 beseer toe voertuig rol

Foto: ER24

Foto: ER24

Een mens is dood en vier ander beseer, nadat ʼn voertuig verskeie kere op die R103 in Pietermaritzburg gerol en in ʼn veld langs die pad te lande gekom het.

Werner Vermaak, kommunikasiebestuurder van ER24, het gesê paramedici is net na 16:00 ontbied. “Al die insittendes is uit die voertuig geslinger toe dit gerol het. ʼn Man het naby die motor gelê, maar hy het reeds aan sy beserings beswyk,” het Vermaak gesê.

“Twee mans en ʼn vrou is ʼn paar meter van die voertuig gevind. Hulle is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na die Mediclinic Pietermaritzburg en Northdale-hospitaal vervoer is.”

Foto: ER24

Foto: ER24

Volgens Vermaak is ʼn kind, vermoedelik twee jaar oud, nog verder weg van die voertuig gevind. ʼn Omstander op die toneel het gesê sy het by die ongelukstoneel stilgehou en die kind in die veld hoor huil. Sy het by die kind gesit en hom versorg totdat die paramedici opgedaag het.

“Die kind het slegs geringe beserings opgedoen en is later ook hospitaal toe geneem,” het Vermaak gesê.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Suzette ·

@Fanus – Nou hoekom lees jy en lewer kommentaar. Scroll dood eenvoudig net verby. Niemand dwing jou om te lees en kommentaar te lewer nie. Ai tog…………………….

Louwboepens ·

Fanus lees dan net dit wat vir jou nuus is en kyk verby die artikels wat nie in jou smaak val nie.

Net Ekke ·

Ai tog dit is so hartseer. En steeds verstaan mense nie die belangrikheid van sitplekgordels en babastoeltjies nie. …

Snoepie ·

Jy sê dis nie nuus ni Fanus, maar tog het jy dit grlees? wonderlik dat die vrou die kind gehoor het en kon help :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.