Een dood, 40 beseer toe bus omslaan

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Een mens is dood en minstens 40 beseer nadat ʼn bus Saterdag op die R56 buite Ixopo in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en lede van die provinsiale nooddienste is net ná 04:00 na die toneel ontbied.

“Die bus het op sy kant in die middel van die pad gelê en verskeie mense was nog binne-in vasgevang. Een van die insittendes was met ons aankoms op die toneel reeds dood,” het Vermaak gesê. “Minstens drie mense het kritieke beserings opgedoen wat wissel van beenbreuke tot amputasies.”

Hy het gesê verskeie mense is reeds voor die paramedici se aankoms na plaaslike klinieke en ʼn nabygeleë hospitaal vervoer. “ER24 het bykomende hulpbronne na hierdie klinieke toe gestuur om te help met behandeling en vervoer. Altesaam 31 mense is by die Christ the King-hospitaal behandel en sommiges moes later na onderskeidelik die Edendale- en Greys-hospitale vervoer word.”

Vermaak het gesê dit is nie duidelik wat veroorsaak het dat die bus omslaan nie. Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

christine ·

Sputnik is reg in volgende berig. Al die vetsugtiges het aan die een kant gesit. Swaartekrag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.