Een dood, 5 vas wat glo transitoroof beplan

Foto: Facebook

ʼn Vermeende transitorower is doodgeskiet en vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn beplande transitorooftog.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê beamptes van die Valke se eenheid teen ernstige georganiseerde misdaad in Pietermaritzburg, beamptes van misdaadintelligensie, die spesiale taakmag, die honde-eenheid en ander spesialiseenhede, het ses verdagtes Donderdagoggend buite Phuthaditjhaba in die Vrystaat voorgekeer.

Volgens Mulaudzi het die verdagtes glo ʼn transitorooftog beplan. “Die verdagtes is naby Kestell dopgehou en het in twee verskillende voertuie gery. Beamptes het die verdagtes voorgekeer en ʼn skietgeveg het uitgebreek.”

Foto: Facebook

Mulaudzi het gesê een van die verdagtes is doodgeskiet terwyl die ander vyf, tussen 32 en 42 jaar oud, in hegtenis geneem is. Daar is op twee aanvalsgewere en die twee voertuie, wat vermoedelik gesteel is, beslag gelê.

Die vyf verdagtes het ure ná hul inhegtenisneming in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn. “Die vyf verdagtes, wie se name in dié stadium nie bekend gemaak kan word nie weens veiligheidsredes, word aangekla van poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde voertuie.” Meer aanklagte gaan na verwagting bygevoeg word.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale Valke-hoof, het die beamptes geloof vir hul vinnige reaksie en die inhegtenisneming van die verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

leser ·

“job well done”
hoop dit kan meer male gebeur
solank die rowers net nie weer borgtog kry nie

Sarel Strydom ·

Welgedaan aan die Polisie. Wanneer staan die Hof borgtog toe?

piper ·

daar vind baie misdade plaas in die land wat ons nie eers van hoor nie. soos gister is n farmaseutiese groothandelaar deur gewapende mans beroof. stilpain tablette is geroof en dit word vermoed dit gaan gebruik word om verdowingsmiddels te maak of netso op die swartmark verkoop word. n personeellid is beseer en het vir behandeling gegaan. so weet ek van talle ander wat nooit die nuus haal nie, dit gaan baie rof in die land en wees verdag veral die tyd van die jaar.

Gert van Wierdapark ·

Stuur die beamptes asb vir skietlesse dan spaar ons baie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.