Een dood, 6 beseer toe voertuig rol

Foto: ER24

Een mens is dood en ses ander beseer nadat ʼn voertuig Sondag in die vroeë oggendure in Carletonville gerol het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is net voor 04:00 na die ongelukstoneel in Stationstraat ontbied. Volgens Vermaak was daar agt insittendes in die voertuig ten tyde van die ongeluk.

“Daar word vermoed dat die voertuig verskeie kere gerol het en al agt mense uit die voertuig geslinger is,” het Vermaak gesê. “Die bestuurder het geringe beserings opgedoen en het ʼn aanbod om na die hospitaal geneem te word van die hand gewys.”

ʼn Man is met noodlottige beserings op die toneel aangetref en deur paramedici dood verklaar. Nog ses mans, tussen 28 en 34 jaar oud, het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leser ·

medelye en sterkte aan familie
4uur in die oggend, moontlik het die bestuurder aan die slaap geraak
8 mense in ‘n nissan sentra, jy moet jou sit ken

IK ·

Oorsaak? Kom ons begin by die agt in die voertuig wat sowat 80kg.x8=640kg. gee sonder bagasie in die kattebak wat reeds té veel is. Drie voor(?) plus vyf agter (?) maak dit ook vir die bestuurder moeilik om te bestuur. Dalk, net dalk, was hulle op pad werk toe en is omstandighede as sulks dat daar op hierdie manier gependel moet word. Beslis gevaarlik en die kool die sous nie werd. Mag ons ander hieruit leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.