Een dood, 7 beseer toe motor bo-op ander voertuig beland

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Een mens is dood en sewe beseer toe ʼn motor tydens ʼn botsing van die Barbarapad-brug in Kempton Park aan die Oosrand afgerol en bo-op ʼn ander voertuig geland het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die besonderhede van die ongeluk is skraps, maar drie voertuie was betrokke.

“Netcare 911 is omstreeks 08:54 na die toneel ontbied. Volgens ooggetuies op die toneel, het twee motors op die Barbarapad-brug wat bo-oor die R24 loop, gebots. Een van die motors het deur die brug se versperring gebars en bo-op ʼn ander voertuig te lande gekom,” het Mathe verduidelik.

Twee van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand en nog twee het ernstige beserings opgedoen. Hulle is na verskillende hospitale geneem vir dringende behandeling.

Drie pasiënte het net ligte beserings opgedoen en is nie gehospitaliseer nie, het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Dıe motor het van dıe Isando Road brug af gery. Dıs net voor dıe Barbara afrıt. Net dıe laaste deel van dıe ongeluk ıs ın beeld. Dıs baıe tragıes. Selfs dıe mees wakkerste bestruurder sal dıt nıe sıen kom het nıe

Uys ·

Dis korrek Jaco
Die bakkie wat op die Honda “geval” het is van die pad afgedwing in n mislukte kaping. Die Toyota bakkie was gewapende wagte wat die ander voertuig vergesel het.
Maroela jul kan my kontak indien jul merr foto ‘s wil gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.