Een dood, 7 beseer toe taxi, motorfiets bots

Foto: Verskaf.

ʼn Motorfietsryer is dood en sewe mense beseer toe ʼn taxi en ʼn motorfiets Dinsdagoggend aan die Oos-Rand gebots het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by die kruising van Modderfontein en Greenstone-rylaan in Greenstone Hill plaasgevind. ER24-paramedici het net voor 07:00 by die toneel opgedaag.

“Paramedici het sommige van die beseerde insittendes van die taxi aangetref waar hulle op die toneel rondloop. Hulle het vasgestel sewe mense het geringe tot ernstige beserings opgedoen,” het van Huyssteen gesê.

Die motorfietsryer is volgens Van Huyssteen meters ver van die wrak van sy motorfiets aangetref met noodlottige beserings. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die beseerdes is na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Irene ·

Weer a keer taxis ry soos hul wil word niks daaraan gedoen sien dit daagliks al is daar verkeer beamptes naby

Sarel ·

Oorsaak nie bekend nie ? Wie voel n veer vir padreels in die land ?

Corrie ·

Accidents like this happens because the taxi’s do as they please and no one ever see that they get reprimanded of pulled over. Most of taxi’s are not roadworthy in any way, but nothing gets done about it also. Condolences to all the family’s of the deceased.

MvT ·

Motorfietse en taxis, nou bots die 2 onverskillegstes met mekaar.

LL ·

Kruising, iemand het nie gestop nie. As dit by ‘n kruising was, dan sou nie een van hulle op spoed gewees het nie. Erge impak, hoë spoed. Dit was roekeloos.

Carl ·

Wanneer gaan daar daadwerklik teen Taxi bestuurders opgetree word? Let net op hoe roekeloos meeste van die taxi bestuurders hulle taxi`s bestuur en hoe minagtend die meeste van hulle is teenoor verkeersreels. Hulle toon geen respek vir ander mense se regte nie.

anton ·

LL……..wat is jou probleem met motorfietse? Is jy dalk maar net jaloers omrede hulle vinniger deur die verkeer kan gaan?
Hulle pla motors eintelik gladnie en is 99% van die tyd nie n bedreiging vir motors nie!!!
Mens kan nie eers naastenby motorfietse met taxi’s wil vergelyk nie.

Theresa B ·

Ek stem Irene. Jy moet hier sien hoe ry hulle. Jy kan glad nie ry as die lig vir jou groen is nie want hulle ry net, al is die lig vir hulle rooi. Dit is angswekkend hoe hulle die padreëls breek en net doen wat hulle wil. En ja, hulle kom weg met dit. Hulle is nie eers meer “versigtig” as ‘n metro kar naby is nie. Hulle doen net wat hulle wil en dan doen die metro ook niks.

OORSAAK ·

Die oorsaak van die botsing is dat taxis geen padverkeersreels gehoorsaam nie. Hulle ry soos hulle wil, druk voor ander voertuie, busse en motorfietse in. Waar hulle hulle moses teekom met trokke, kom die arme man op die motorfiets tweede, dit wil in die laaste tyd vir my voorkom asof hulle met opset dit vir die motorfietsryers moeilik maak, want hulle weet dat hulle meer broos is as in ‘n beskermde voertuig .. My innige simpatie aan sy naasbestaandes.

Lee ·

ons almal ken die oorsaak van die ongeluk. Die taxis ry daar nes hulle wil en daar is geen visible policing. Sterkte aan die motorfietsryer se familie. Rus in Vrede xx

HB ·

Gisteroggend het ‘n taxi ook ‘n fietsryer op Solomon Mahlangu in Pretoria Oos raakgery. Hulle ry nes hulle wil en daar word NIKS daaraan gedoen nie. Padreëls is daar vir HULLE om verontagsaam te word. Dis al die ander padverbruikers wat aan die pen moet ry maar hulle is “untouchable”.

Johan ·

Kom ek se die kanse is baie goed (1000 keer meer) dat taxi oor kruising gery het sonder om te stop???????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.