Een dood, 7 vas ná transitorooftog

Foto: SAPD

ʼn Vermeende rower is doodgeskiet en nog sewe verdagtes in hegtenis geneem kort nadat ʼn transitovoertuig naby Lebowakgomo in Limpopo beroof is.

Kapt. Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die polisie, het gesê tien verdagtes het Dinsdagmiddag op die transitovoertuig toegeslaan en ʼn onbevestigde bedrag kontant geroof. Die polisie is dadelik ontbied en het vier van die verdagtes op die toneel in hegtenis geneem.

Die res van die verdagtes het in die rigting van Ga-Masemola gevlug en die polisie het hulle agternagesit. Volgens Seabi het daar tydens die jaagtog ʼn skietgeveg tussen die polisie en die rowers ontstaan en een van die rowers is doodgeskiet. Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem, maar twee kon daarin slaag om weg te kom.

“Daar is op vier voertuie en vier vuurwapens geslag gelê en die kontant wat geroof is, is teruggekry,” het Seabi gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chilli ·

Ai julle al wat ek kan se is dat ek in hierdie suid afrika dankbaar is dat ek nie n polisie beampte is nie!!
Dankie vir julle goeie werk SAPD!!

Nico ·

Chille stem saam met jou goeie werk deur die polisie bid elke dag dat die wat eerlik is veilig by hulle geliefdes sal kom

Pieterlewismuts ·

Die wat.gevang is gaan praat en hulle wat “weggekom” het sal opgespoor en gearresteer word met tyd

Koos1 ·

In bykans alle misdaad berigte is daar altyd ‘n VW Polo betrokke!
P referred
O fficial
L ooters
O utomobile (Automobile)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.