Een dood, 9 beseer toe voertuie trompop bots

Foto: IPSS Medical Rescue

ʼn Padongeluk Sondag in die vroeë oggendure op die N2 naby New Gelderland in KwaZulu-Natal het die lewe van nog ʼn persoon geëis en talle mense beseer gelaat.

Die ongeluk is een van verskeie padongelukke wat tot dusver dié langnaweek reg  oor die land plaasgevind het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê twee ligte voertuie het op die N2 net buite Stanger reg van voor gebots. By paramedici se aankoms op die toneel was een van die insittendes in ʼn kritieke toestand. Paramedici het probeer om die man te stabiliseer, maar hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.

Foto: IPSS Medical Rescu

Herbst sê beamptes van die Kwadukuza-brandweer moes ook hand bysit om die bestuurder van een van die voertuie met spesialistoerusting uit die wrak te bevry sodat hy deur paramedici behandel kon word.

“Nog drie insittendes, onder wie ʼn baba, het ernstige beserings opgedoen. Ses ander pasiënte het matige beserings opgedoen. Al die beseerdes is na hospitale gehaas,” sê hy.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Philip ·

Ai tog die ongelukke wat die mense afmaai en die familie in rou plaas vernaam naby Feestyd waar families bymekaar kom. Innige simpatie en mag die Here julle hande styf vashou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.