Een dood, drie beseer ná gru-botsing

Foto: Verskaf.

Een persoon is dood en drie ander beseer toe ʼn bakkie en ʼn minibus Vrydagmiddag naby Marianhill gebots het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 17:12  naby Marianhill plaasgevind.

“Volgens berigte het die bakkie en die minibus gebots en het die minibus daarna aan die brand geslaan. Een man is ongelukkig dood en ʼn ander kritiek beseer. Twee vroue is ook gering beseer,” het Herbst gesê.

Die beseerdes is op die toneel behandel en na die hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

theo ·

Die anc is bly “die een se dood is die ander een se brood”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.