Een dood, drie beseer toe motor rol

Foto: Verskaf.

ʼn Man is dood en drie ander beseer ná ʼn motor op die N1 naby die weegbrug buite Worcester in die Wes-Kaap gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het Woensdagmiddag plaasgevind.

Volgens hom het paramedici die motor op sy sy aan die kant van die pad aangetref. “Vier mans het ʼn paar meter weg van die motor gelê.”

Volgens Meiring het een man veelvuldige beserings opgedoen en geen tekens van lewe getoon nie en is hy op die toneel dood verklaar. “Een ander man was in ʼn kritieke toestand, een in ʼn ernstige toestand en een het slegs matige beserings opgedoen,” het Meiring gesê.

Die beseerdes is na die Worcester- provinsiale hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Niel ·

dis so ‘n mooi pad, met die mooiste natuurtonele. Met al die bane wat spesiaal so ontwerp is dat daar baie verbykom kanse is. Ek hoop maar dit was ‘n fratsongeluk en nie agv nalatigheid/roekeloosheid nie…. Sterkte vir die familie en vriende.

Skapie ·

Ek vra net oor ek al so lank daaroor wonder en nie seker is nie. Wanneer mens in ‘n ernstige ongeluk is en jy buite jou kar beland, meen dit dat jy nie jou veiligheidsgordel aan gehad het nie? Wat is die veiligste, met hom aan of af?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.