Een dood, drie beseer toe voertuig rol

Foto: Verskaf.

Een man, vermoedelik in sy laat twintigs, is dood en drie ander beseer toe die voertuig waarmee hulle gereis het Sondagoggend op die N3-Suid gerol het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê ’n vrouepassasier is in ’n kritieke toestand deur die ER24- mediese helikopter na die Sunshine-hospitaal in Benoni gehaas.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê ʼn manspassasier is op slag dood ná die voertuig verskeie kere gerol en op die middeleiland tussen die N3-Suid en -Noord tot stilstand gekom het.

“Die ongeluk het 07:56 plaasgevind en die voertuig het glo teen ’n baie hoë spoed gery.”

Volgens Ntladi moes meganiese toerusting gebruik word om al vier insittendes van die wrak te bevry.

Siddall het gesê die ander twee beseerdes is na die Mogoerane-hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Volgens Ntladi was die N3-Noord tydelik gesluit om ’n ruimte te skep waar die mediese helikopter kon land.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DS ·

Valerie ai dat sulke klein detail jou nou so kan pla. Dit is tien teen een die tyd wat nooddienste die oproep ontvang het en hy gebruik die tyd wat die oproep “gelog” is….. dit is nou 6:22 en ek moet nou “missing” raak om te gaan werk op die wonderlike Maandag.

DVL ·

Tragies maar nie verbaas om te sien dis n’ VW Polo / Golf nie. Vir een of ander rede dink die mense wat die karre ry hulle ry Ferrari’s en kan jaag soos hulle wil. 8/10 keer as iemand my tailgate is dit een van hierdie arrogante VW drywers. Hulle jaag onveratnwoordelik in spits tye en beboude gebiede. Dink hulle het BMW’s se plek gevat as mees ongeskikste pad gebruikers.

Frans Van Erk ·

Gemors van publieke fondsen. Sal die ANC hierdie kostes dra?

Dankie Pa ·

Dankie Pa wat ek deur Pa geleer is 58 jaar gelede oor die bestuur van ‘n voertuig. Ook my vernuf verbeter deur die SCC (Sports Car Club) met tydrenne op grondpaaie. In Januarie vanjaar ook my Zwartkops-ondervinding met die BMW M3 se gevorderde bestuurskursus. Met groot genade na 58 jaar se padvarke op die pad is ek ongeluksvry. My raad: Moet nooit mak raak terwyl jy bestuur.

SjN ·

Spoed en onvermoee om voertuig te beheer deur die bestuurder is die hoofrede vir die ongelukke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.