Een dood, drie beseer toe vullistrok omslaan

Die vullistrok wat op 20 Mei 2016 in Somerset-Wes omgeslaan het Foto: ER24

Die vullistrok wat op 20 Mei 2016 in Somerset-Wes omgeslaan het Foto: ER24

Een persoon is Vrydagmiddag dood en drie ander beseer toe ʼn vullisverwyderingsvragmotor in Somerset-Wes, ongeveer 45 km buite Kaapstad, omgeslaan het.

“ʼn Groot vullisverwyderingsvragmotor het in Dirkie Uysweg omgeslaan,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “ʼn Man, in sy 20’s, se liggaam het ʼn paar meter van die wrak af gelê. Hy het reeds aan sy noodlottige beserings beswyk toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Drie ander mans, tussen 20 en 30 jaar oud, is ook op die toneel ondersoek. “Hulle het slegs geringe beserings opgedoen. Hulle is na Mediclinic Vergelegen geneem vir verdere behandeling.”

Die bestuurder van die vragmotor het vermoedelik beheer verloor oor die voertuig waarna dit omgeslaan het, het Meiring bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AH ·

Jammer vir die mense wat beseer is maar die bestuurder het natuurlik weer soos n besetene gery soos meeste vullis wa bestuurders

Pieter ·

Stem saam met ah in ons dorp ry hul netso on verskillig ,gin wonder die trokke is al ewig stukkend ni

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.